Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 290

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die bure vra raad by Josef as `n vriend van Cornelius - Jesus waarsku Josef teen onversigtigheid - Insae in die Goddelike wêreldbestuur: Soos `n volk is, so is sy regering! - Jesus laat sien, wie die Heer is!

(28 Aug 1844)

290 `n Ander keer, ook weer op `n voorsabbat, het verskeie bure weer met hulle kinders na Josef gekom om daar met hom te beraadslaag oor menige aangeleenthede wat hulle geknel het;

[2] want hierdie bure het geweet dat Josef op baie goeie voet met die goewerneur verkeer het.

[3] In hierdie tyd het Josef ook `n brief uit Tyrus gekry en wel van Cirénius, wat sodra hy uit Rome weer in Tyrus aangekom het, vra na die welstand van Josef en in die besonder van die klein Jesus verneem het.

[4] Die bure het egter niks van hierdie brief geweet nie

[5] en ook nie dat Josef so `n groot vriend van die goewerneur Cirénius was nie.

[6] Josef wou toe met die brief te voorskyn kom om die bure daarmee in `n sekere mate te troos,

[7] omdat hy hulle daarmee wou laat sien hoe hy vir hulle doeltreffend by die goewerneur self `n woord teen die pagkoning kon doen;

[8] en dit verseker met die beste sukses, omdat Eudokia en die vyf meisies algeheel aan Cirénius behoort het.

[9] Maar toe het die Kindjie onmiddellik vinnig en baie heftig aan Josef gesê:

[10] “Josef, Josef doen dit nie, want Ek is die Heer!

[11] As jy hulle die brief laat sien, dan sal Ek die aarde slaan, want Ek is die Heer, ook oor Rome en nie Cirénius of keiser Augustus nie!

[12] Ek sê jou: As die volk beter sou gewees het as die pagkoning, dan sou Ek wel geweet het om Archeláüs te vind!

[13] Maar aangesien die volk geen haar beter is nie, moet hulle hulle eie las in die pagkoning, wat net soos die hele volk `n gierigaard is, maar dra!

[14] Het dit nie geheet nie: `n Oog om oog, en tand om tand, ensovoorts? So lui dit ook: Gierigheid om gierigheid, afguns om afguns!

[15] Daarvolgens is Archeláüs immers `n ware arts vir hierdie hardvogtige volk; en hy moet bly soos hy is tot aan sy einde!”

[16] Hierdie woorde het die bure ontstel en hulle het gesê:

[17] “Dit sou `n mooi voorbeeld van `n Messias vir ons wees!

[18] Hy skel ons uit en prys daarvoor die heiden Archeláüs!”

[19] Maar die Kindjie het met Sy hakskeen op die grond gestamp en gesê:

[20] “Beef aarde, sodat jou blinde kinders ervaar dat dit Ek is, wat jou Heer is!”

[21] En plotseling het daar vuur uit die plek gekom waar Hy gestamp het en die aardbodem het geweldig gebewe!

[22] Toe het alle aanwesiges geskrik en gesê: “Wat is dit tog vir `n Kind?! Want die aarde bewe immers voor Hom!

[23] Laat ons daarvandaan gaan, want dit is nie goed om by die Kind te wees nie!” En almal het Josef gou verlaat en vinnig weggegaan. En so was Josef weer van `n groot gevaar bevry.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205