Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 291

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die sesjarige Jesus wek die verongelukte ydele kneg van Salóme op uit die dood - Jesus onderrig hom en ontwyk die lofprysinge van die mense

(29 Aug 1844)

291 Toe Jesus ses jaar oud en meer was, het Salóme eenkeer `n boom wat alreeds vergaan het, laat omkap en sy het dit daarna deur haar knegte in stukke laat saag en kloof, om dit as vuurmaakhout te gebruik.

[2] By hierdie geleentheid het `n jong kneg `n hoë dunk van sy ywer gehad en aan sy drie medeknegte gesê:

[3] “Laat my hierdie kloofwerk alleen doen, dan sal ek met die hele boom net so vinnig klaar wees as julle drie saam!”

[4] Sy medeknegte het graag aan hom hierdie eer oorgelaat.

[5] Hy het toe sy skerp byl geneem en baie ywerig die boom gekloof.

[6] Maar in sy ywer het hy `n keer misgeslaan, waarby hy in plaas van die hout sy voet raak gekap het, wat hy van die toon tot by die hakskeen in twee gekloof het.

[7] Hy het op die grond neergesak en om hulp geskreeu en almal het aangehardloop gekom, maar niemand het iets gehad om sy voet mee te verbind nie.

[8] En sodoende het die jongman weldra soveel bloed verloor dat hy gesterf het.

[9] Toe het die ook die mense in Josef se huis opmerksaam op die gejammer en geskreeu by die nabygeleë huis van Salóme geword.

[10] En Jesus het vinnig daarheen gehardloop, en tussen die mensemenigte van omstanders tot by die reeds gestorwe kneg deurgedring.

[11] Toe Hy by die ontslapene aangekom het, het Hy vinnig sy gesplete voet beetgepak en dit stewig vasgedruk en hom op dieselfde oomblik genees.

[12] Toe die (kneg se) voet op hierdie manier genees was, het Hy sy hand geneem en gesê:

[13] “Luister, ydel jongmens! Ek sê vir jou: Staan op en kloof jou hout verder!

[14] Maar laat voortaan jou ydelheid vaar en jy moet nooit meer wil doen as waarvoor jy krag het nie,

[15] dan sal jy jou in die toekoms maklik beskerm teen soortgelyke ongelukke;

[16] want ook jou medeknegte het hulle werkkrag van God en dit behoort jy nie tot skande te maak nie, wanneer en waar dan ook al!

[17] As een van jou medeknegte met opset lui en traag is, dan sal die Heer wel weet om hom te vind;

[18] maar dit sal egter nooit vir jou wees vir Hom deur oordrewe ydele ywer tot regter te word nie!”

[19] Nou het die jong kneg weer met volle krag opgestaan en die hout verder gekloof.

[20] Alle aanwesiges het egter op hulle knieë voor die Seun Jesus neergeval en gesê:

[21] “Lof en eer in Jou, die krag van God, want die Heer het Jou alreeds vroeg met alle Goddelike krag vervul!”

[22] Maar Jesus het weer vinnig na die huis gehardloop, want Hy wou nie die lof van die mense gehad het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205