Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 292

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die heilige kruik van Maria deur Jesus gebreek – `n Meisie bekommer haar daaroor - Jesus bring Sy moeder die water in Sy mantel - Die reliek van Maria was vir Jesus `n doring in die oog - Die meisie kry `n berisping

(30 Aug 1844)

292 Maria was nog steeds in die besit van die kruik waarin sy water gaan haal het toe die engel aan haar die mees heilige boodskap gebring het.

[2] Sy was besonder erg op hierdie kruik gesteld, - ja, dit was letterlik `n heilige voorwerp vir haar.

[3] Sy het selfs nie graag gesien dat iemand die kruik geneem en daaruit gedrink het nie.

[4] Maar eenkeer, ongeveer agt dae nadat die wonderwerk by Salóme plaasgevind het, was Maria alleen met Jesus tuis.

[5] Sy was besig met die was van sommige wasgoed, waarvoor sy skoon water nodig gehad het.

[6] Maria het daarom na Jesus toe gegaan en aan Hom gesê: “Jy sou maklik `n kruik vol vars water vir my sou kon gaan haal;

[7] hier het Jy selfs die kruik daarvoor wat deur Jou gewy is!”

[8] Jesus het die kruik geneem en daarmee na die bron gegaan, waar Josef juis met die ander kinders aan iets gewerk het.

[9] Jesus het egter die kruik by die bron ietwat hard teen `n steen gestamp en die kruik het aan talle skerwe op die grond gelê.

[10] Dit het `n meisie gesien en gesê: “O wee, ag ag! Dit sal goed daar uitsien; nou is dit gedaan met die heilige kruik van die meesteres van die huis! Maar liewe Jesus, waarom het Jy dan nie beter opgelet nie?

[11] Nee, hoe sal Jou moeder huil en raas; nou, nou, Jy kan daarna uitsien!”

[12] Dit het uiterlik gesien Jesus ietwat vererg en Hy het aan die meisie gesê:

[13] “Wat gaan dit jou aan wat Ek doen? Sorg jy maar net dat jy jou spinwerk klaarmaak!

[14] Ek sal vir Maria ondanks die gebreekte kruik nogtans die regte hoeveelheid vars water bring!”

[15] En die meisie het gesê: “Dit wil ek wel eers sien, hoe mens sonder `n kruik vars water na die huis kan bring!”

[16] Nou het Jesus dadelik Sy klein rooi manteltjie geneem, dit aan die punte bymekaargebring, water daarin geskep en dit sonder om `n druppel te verloor na binne na Maria gedra.

[17] Vanweë hierdie wonderwerk het almal Hom agterna die huis binnegeloop.

[18] Toe Maria dit gesien het, het sy hewig geskrik en gesê: “Maar Kind, wat het daar dan met die kruik gebeur?”

[19] En Jesus het gesê: “Wel, dit was vir My al lankal `n doring in die oog! Ek het daarom sy wonderkrag teen `n steen uitgetoets

[20] en kyk, daar was geen wonderkrag daaraan of daarin nie; daarom het hy ook dadelik in klein stukkies gebreek!

[21] Maar Ek is van mening dat waar Ek is, dat Ek tog van meer waarde is as so `n dom kruik wat geen haar beter is as enige ander een nie!”

[22] Maria het op hierdie woorde niks meer gesê nie en hulle diep in haar hart ingeskryf.

[23] Die meisie het daarop ook niks meer gesê nie, want sy het Jesus liefgehad.

[24] En Jesus het aan haar gesê: “Kyk, so geval jy My beter, as wanneer jy onnodig jou tong roer!” En die meisie was tevrede met hierdie klein berisping en daarop ywerig haar garing gespin.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205