Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 293

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Tweejarige wonderpouse - Droogte in Palestina - Josef saai nog in die sewende maand - Die agtjarige Jesus lê Self die saad in die aarde - Die wonderlike seën - Josef se dank - Liefde is beter as lof! - Genesing van die verdorde jong seun

(31 Aug 1844)

293 Na hierdie wonderwerk het Jesus Hom ongeveer twee jaar rustig gehou en Josef en Maria in alles gehoorsaam.

[2] Gedurende Sy agste jaar egter, was dit `n baie slegte oesjaar, want daar het `n groot droogte ingetree en al die gesaaides het verdor.

[3] Dit was alreeds die sewende maand en nêrens was iets groens te siene nie; `n mens moes dikwels die vee slag, of vir baie geld hooi en graan uit Egipte of Klein-Asië laat kom.

[4] Josef self het meestal van die visse geleef wat Jonathan weekliks aan hom gestuur het, terwyl hy sy huisdiere met die riete wat Jonathan hom ewe-eens laat toekom het, gevoer het.

[5] Eers gedurende die sewende maand was daar wolke aan die hemel en het dit begin om periodiek spaarsaam te reën.

[6] Toe het Josef aan sy vier oudste seuns gesê: “Span die osse voor die ploeg, dan sal ons in die Naam van die Heer `n bietjie koring in die grond saai.

[7] Wie weet, miskien seën die Heer dit tog nog, omdat ons immers Hom tot ons Seun en Broer mag reken wat Hy in die wêreld gestuur het.

[8] Weliswaar het Hy nou al twee jaar geen tekens meer deur Hom gedoen nie, sodat ons as gevolg daarvan intussen Sy verhewenheid alreeds letterlik vergeet het,

[9] maar wie weet of hierdie slegte jaar ook nie `n gevolg is van ons vergeetagtigheid jeens Hom, wat so gewyd van Bo tot ons gekom het nie!?”

[10] Nou het die nou alreeds agtjarige Jesus na Josef toe gekom en gesê: “Goed, vader Josef. Julle het My nog nooit vergeet nie; daarom sal Ek met jou saam gaan om die koring in die vore te saai!”

[11] Josef was buitengewoon verheug daaroor en Maria en almal in huis het gesê:

[12] “Ja, ja, waar die liewe Jesus sal saai, sal daar sekerlik `n ryk oes wees!”

[13] En Jesus het ook glimlaggend gesê: “Ek het ook dieselfde mening. Waarlik, daar sal van My hand geen saad tevergeefs in die aardryk val nie!”

[14] Hierop het hulle gaan ploeg en saai. Josef het links agter die ploeg gesaai en Jesus regs.

[15] En so was die akker binne `n halwe dag uitstekend bewerk.

[16] Spoedig daarna het dit ryklik gereën, waardeur die koring kragtig ontkiem het en soos `n somervrug in drie maande die gewenste rypheid bereik het!

[17] En toe het dit duidelik geword dat die are wat regs deur die Seun Jesus gesaai was, almal vyfhonderd korrels bevat het, terwyl dié van Josef daar maar dertig tot veertig korrels gehad het.

[18] Almal was uiters verbaas daaroor en toe die graan daarna op die dorsvloer uitgedors is, het die seën van God eers werklik ten volle duidelik geword;

[19] want uit `n malter (sewentig maat)* koring, wat gesaai was, word presies duisend malter geoes: `n Oes wat niemand nog ooit beleef het nie! * (ou koringmaat hoeveelheid van 1 of 2 liter)

[20] Noudat Josef egter so `n groot oorvloed aan voorraad gehad het, het hy sewentig malter vir homself behou en negehonderd en dertig malter onder die mense in die buurt verdeel.

[21] En so is `n hele omgewing deur hierdie wonderlike oes gehelp.

[22] En toe het daar baie bure gekom en die krag van God in die Seun geloof en geprys.

[23] Hy het hulle egter vermaan om God en hulle naastes lief te hê en Hy het aan elkeen gesê: “Liefde is beter as lof en egte godsvrees is meer werd as brandoffers!” In hierdie tyd het ook die verdorde seun weer gesond geword.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205