Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 294

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef en Maria wil die byna tienjarige Jesus tog deur `n onderwyser laat onderrig - Moeilikhede by die onderrig - Die onderwyser slaan die jong Seun, waarna hy stom en kranksinnig word - Die Seun Jesus keer terug huis toe

(02 Sep 1844)

294 Van toe af het die Seuntjie Jesus weer eens geen tekens meer gedoen nie, maar was net soos alle ander mensekinders;

[2] Hy was graag alleen by Josef as hy gereedskap soos ploeë, jukke, stoele, tafels, beddens en dies meer gemaak het en nooit het iets Josef dan misluk nie.

[3] Noudat die Seuntjie al Sy tiende jaar bereik het en Hom nie meer van ander kinders wou onderskei nie,

[4] het Josef op `n dag aan Maria gesê: “Kyk, die mense om ons heen beskimp ons, omdat ons Jesus heeltemal sonder skoolopleiding laat opgroei, terwyl Hy tog sulke voortreflike talente en begaafdhede het!

[5] Ek weet wel dat Jesus die skoolonderrig van die wêreld nie nodig het nie,

[6] maar om die bure die mond te snoer, sou ek Hom nietemin deur `n onderwyser wou laat onderrig.

[7] En omdat daar nou twee nuwe skole in die stad opgerig is, waarvan beide leraars na bewering baie bekwaam sou wees, sou ek dit graag wel met die een of met die ander wou probeer.”

[8] Maria het toegestem daartoe, want ook sy het die skynbare noodsaaklikheid daarvan ingesien.

[9] So het Josef Jesus saamgeneem om Hom na die eerste onderwyser te bring.

[10] Hy het die Seuntjie onder sy sorg geneem en aan Josef gesê: “Eers moet Hy, vanweë die baie Grieke onder ons, Grieks en eers daarna Hebreeus leer.

[11] Ek weet van die merkwaardige eienskappe van hierdie Kind en ek is `n bietjie bang vir Hom,

[12] maar ek wil nogtans doen wat goed is; jy moet net die Seun heeltemal aan my oorlaat!”

[13] Josef het ingestem daartoe en hy het laat Jesus heeltemal by die onderwyser in die huis laat woon.

[14] Drie dae het Jesus hier die gewone vryheid geniet; eers op die vierde dag het die onderwyser Hom saamgeneem na die klaskamer.

[15] Daar het hy Hom na die bord geneem en die hele alfabet vir Hom opgeskryf en begin om dit daarna te verduidelik.

[16] Nadat hy dit meermale verduidelik het, het hy aan Jesus gevra wat Hy daarvan onthou het.

[17] Maar Jesus het egter gemaak asof Hy niks van die verduideliking onthou het nie en het die onderwyser geen antwoord gegee nie.

[18] En die onderwyser het die Knaap en homself drie dae lank gekwel en geen enkele keer `n antwoord gekry nie.

[19] Maar op die vierde dag het hy hom vererg en met die dreiging van `n deeglike straf geëis, dat die Knaap Jesus hom sou antwoord.

[20] Toe het Jesus aan hom gesê: “As u in waarheid `n leraar is en as u die letters werklik ken, vertel My dan die egte oorspronklike betekenis van die alfa, dan sal Ek u die betekenis van die bèta bekendmaak!”

[21] Nou het die onderwyser kwaad geword en Jesus met die aanwysstokkie op Sy hoof geslaan.

[22] Dit het die Seun pyn besorg en Hy het aan die onderwyser gesê: “Is dit `n verstandige manier om van u domheid ontslae te raak?

[23] Waarlik, Ek is nie hier by u om slae te kry nie en dit is nie die manier om mense te onderrig en te vorm nie.

[24] U sal stom en kranksinnig word, omdat u My geslaan het, in plaas daarvan om aan My `n korrekte verduideliking te gee!”

[25] En die onderwyser het onmiddellik inmekaargesak en is, al rasende, vasgebind na `n ander kamer gebring.

[26] Jesus het dadelik teruggekeer huis toe na Josef en daar gesê:

[27] “`n Ander keer vra Ek vir `n ander onderwyser, wat nie in die klas kom met `n stok in sy hand nie; hy doen nou boete vir sy vergryp aan My!”

[28] Toe het Josef geweet wat daar stellig weer gebeur het en hy het aan Maria gesê: “Ons mag Jesus dus nie meer uit ons hande gee nie, want Hy tugtig elkeen wat nie na Sy sin is nie!”

[29] Maria was dit daarmee eens en niemand het dit gewaag om Jesus te verwyt nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205