Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 295

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die tweede onderwyser by Josef - Sagaardige tegemoetkoming van die onderwyser - Jesus gee hom `n blyk van Sy kennis: Hy lees en verklaar Daniël - Goeie getuienis van die onderwyser oor Jesus - As dank vir die eerlikheid van hierdie onderwyser genees Jesus die vorige onderwyser

(03 Sep 1844)

295 Na verloop van etlike weke het die tweede nuwe onderwyser na Josef gekom om `n vriendskaplike besoek aan hom te bring;

[2] want Josef het tevore verskeie nuwe banke en stoele vir hom gemaak, en ook `n tafel vir sy klaskamer, en het by hierdie geleentheid in hierdie onderwyser `n werklik opregte man as sy vriend gevind.

[3] Hierdie onderwyser het nou ook kennis gemaak met die Seun Jesus en hy het werklik vreugde gehad oor Sy ernstige, maar tog beskeie en opgewekte wese.

[4] Hy het daarom aan Josef gevra of die Seun al in die een of ander skool leer lees het.

[5] Maar Josef het gesê: “Broer, ek het dit alreeds met `n paar onderwysers probeer, maar hulle kon niks met Hom uitrig nie;

[6] want daar rus in hierdie Seun `n merkwaardige krag!

[7] As `n onderwyser Hom ietwat grof tegemoettree, dan is hy alreeds verlore;

[8] want daar hoef maar één woord uit die mond van die Seun oor die onderwyser te kom en hy is op die vreeslikste manier gestraf!

[9] Dit was onlangs die geval met die vorige onderwyser, wat nog tot op hierdie oomblik gek is!”

[10] Die onderwyser het gesê: “Ja, ja, dit weet ek wel, maar hy was ook `n tiran teenoor al sy leerlinge!

[11] As ek die Seun sou onderrig, sou ek nie bang wees om deur Hom gestraf te word nie!”

[12] Nou het Jesus, wat daarby aanwesig was, gesê: “Wat sou u My dan wel wou leer?”

[13] En die onderwyser het die jong Seun liefdevol na hom toe getrek, Hom aan sy hart gedruk en toe aan Hom gesê:

[14] “Ek wil jou graag op `n heel vriendelike manier leer lees en skryf en jou dan leer om die Skrif te verstaan.”

[15] En die Seun het gesê: “Goed, het u iets van die Skrif by u, gee dit aan My, dan sal Ek u `n proef laat sien wat Ek kan!”

[16] Hierop het die leraar dadelik `n boekrol te voorskyn gebring – dit was Daniël - en dit aan die Seun gegee.

[17] Die Seun het dadelik begin om die rol te lees en so te verduidelik dat alle omstanders, met inbegrip van die onthutste onderwyser, begin het om hulle uitermate te verwonder.

[18] Toe die leraar dit van die jong Seun gehoor het, het hy gesê:

[19] “O Heer, wees my, arme sondaar, genadig en barmhartig, want hierdie Seun is geen mens van hierdie aarde nie!

[20] O broer Josef, nou verstaan ek baie goed, waarom geen onderwyser dit met hierdie Seun kan uithou nie!

[21] Die Seun verstaan in elk geval meer as alle onderwysers op die hele aarde saam! O, hou Hom daarom tog tuis!”

[22] Hierdie getuienis het die Seun geval en Hy het gesê: “Omdat u so eerlik is, sal Ek ook terwille van u die ander onderwyser weer genees; laat dit so wees!

[23] Bly u egter so eerlik in u hart soos wat u nou is, dan sal u altyd `n goeie onderwyser wees! Amen.”

[24] Daarop het die Seun Jesus weggegaan. Die onderwyser het ook spoedig afskeid van Josef geneem en het diep in gedagtes na sy huis gegaan. En met die eerste onderwyser het dit in dieselfde uur beter gegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205