Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 298

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

WENKE VIR DIE BEREIK VAN DIE WEDERGEBOORTE

Hoogs belangrike opheldering oor die wese van Jesus en oor die verhouding van die menslike tot die Goddelike in Hom - Wenke oor die wedergeboorte

(09 Sep 1844)

 Lukas. 2:40: “En die Kindjie het gegroei en sterk geword in die Gees en vol van wysheid. En die barmhartigheid van God was op Hom.”

Lukas. 2:52: “En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en barmhartigheid by God en die mense.” – Verduideliking (Lukas. 2:40)

298 Daarvolgens staan daar in die Skrif: En Hy het toe in barmhartigheid en wysheid voor God en die mense, en Hy het aan Sy ouers onderdanig en gehoorsaam gebly, totdat Hy Sy leraarsamp aanvaar het.* (Lukas. 2:40;52 en 1 Samuel 2:26) * (Volgens Duitse teks vertaal met ware Name reggestel)

[2] Vraag: Hoe kon Jesus, as die enigste ewige Goddelike wese, in wysheid en barmhartigheid voor God en die mense toeneem, daar Hy tog van ewigheid God was?

[3] En hoe naamlik voor die mense, daar Hy tog van ewigheid af die oneindig allervolmaakste wese was?

[4] Om dit goed en reg te verstaan, moet `n mens Jesus nie geïsoleerd as die enige God beskou nie,

[5] maar `n mens moet Hom as `n mens voorstel in wie die enige, ewige Godheid Homself net so skynbaar onwerksaam opgesluit het soos die Gees (die Gees as die Goddelike vonk in die mens) in die wese van elke mens opgesluit is.

[6] En wat elke mens volgens die Goddelike orde moet doen om Sy gees in homself vry te maak,

[7] dit moes ook die mens Jesus met alle erns doen om die Goddelike wese in Hom vry te maak, sodat Hy een in Hom sou word.

[8] Elke mens moet bepaalde swakhede in homself dra, wat die gewone boeie van die gees is, waardeur die gees soos in `n vaste huls ingesluit is.

[9] Die boeie kan egter dan eers losgemaak word, wanneer die siel wat met die vlees vermeng is, homself deur die korrekte selfverloëning sodanig versterk het, dat hy kragtig genoeg is om die vrye gees te kan bevat en te hou.

[10] Om hierdie rede kan die mens juis alleenlik maar deur allerlei versoekinge sy swakhede waarneem en beleef hoe en waarin sy gees vasgebind is.

[11] As hy dan juis in hierdie punte homself in sy siel verloën, dan maak hy daardeur die boeie van sy gees los en lê daarmee sy siel aan bande.

[12] Is die siel dan op die regte tyd met al die vroeëre bande van die gees vasgebind, dan gaan die algehele bevryde gees weliswaar vanself op heel natuurlike wyse in die hele, sterk siel oor

[13] en dit bereik daardeur die hemelse volmaakte mag van die Gees en word daardeur vir ewig volkome een met Hom.

[14] In die losmaking van die een boei na die ander bestaan die toeneem van die siel in die geestelike krag, wat die wysheid en die barmhartigheid is (wat dan die wedergeboorte is).

[15] Die wysheid is die suiwer sien van die ewige orde van God in sigself en die barmhartigheid is die ewige lig van die liefde, waardeur alle eindelose en tallose dinge, hulle omstandighede en hulle weë verlig word.

[16] Soos dit by die mens die geval is, so was dit ook met die Godmens Jesus.

[17] Sy siel was net soos die siel van elke mens en dit was met des te meer swakhede belas, omdat die almagtige Gees van God Homself in die sterkste boeie moes lê, om in Sy siel vasgehou te kon word.

[18] En so moes die siel van Jesus ook die grootste versoekings in selfverloëning deurstaan om Sy Goddelike Gees van die bande te kan ontdoen, om Homself daardeur sterk te maak vir die eindelose vryheid van die Gees van alle geeste en so volkome een met Hom te word.

[19]* En juis daarin bestaan dan ook die toeneem in wysheid en barmhartigheid van Jesus se siel vir God en vir die mense en wel in die mate waarin die Goddelike Gees Homself langsamerhand steeds meer verenig met Sy weliswaar Goddelike siel wat die eintlike Seun was. * (Vers 19 kom nie in die Duitse teks op die CD voor nie, maar wel in die Nederlandse vertaling.)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205