Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 299

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die lewe en die sielestryd van Jesus vanaf Sy twaalfde tot en met Sy dertigste jaar - Wenke en voorbeelde vir die bereik van die wedergeboorte as voorwaarde vir die ewige, salige lewe - Slotopmerking en seën van die Heer

(09 Sep 1844)

299 Hoe het Jesus, die Heer, nou geleef van Sy twaalfde tot en met Sy dertigste jaar?

[2] Hy het die almagtige Godheid voortdurend op die mees lewendige wyse in Homself gevoel; Hy het in Sy siel geweet dat alles wat die oneindigheid bevat, aan Sy geringste wenk onderdanig is en ewig moet wees.

[3] Daarby het Hy egter in Sy siel die grootste drang gehad om oor alles te heers.

[4] Trots, heerssug, volkome vryheid, gevoel vir `n luukse lewe, begeerte na vroue en dergelike meer, en ook toorn, was die vernaamste swakhede van Sy siel.

[5] Maar met die wilskrag van Sy siel het Hy teen al hierdie baie magtige, dodelike dryfvere van Sy siel gestry.

[6] Deur armoede het Hy die trots verootmoedig, maar watter harde middel was dit vir Hom aan wie alles behoort het, maar wat ewenwel niks ‘Myne’ mag genoem het nie!

[7] Hy het die heerssug aan bande gelê deur onderdanigheid en die gewilligste gehoorsaamheid aan hulle, wat, net soos alle mense, teenoor Hom eintlik soos glad niks was nie.

[8] Sy ewige, allergrootste vryheid het Hy bestry deur Homself, hoewel dit eindeloos moeilik was, juis aan die mense oor te gee soos `n slaafse kneg vir die nederigste take.

[9] Sy uitermate sterk neiging om luuks te lewe het Hy bestry deur baie dikwels te vas - uit nood en ook uit die vrye wil van Sy siel.

[10] Die begeerte na vroue het Hy bestry deur dikwels swaar arbeid te verrig, deur vetvrye kos, deur gebed en deur met wyse manne gesprekke te voer.

[11] Ja, in hierdie punt het Hy buitengewoon baie gehad om te deurstaan, deurdat Sy uiterlike en die klank van Sy stem uiters innemend was,

[12] om welke rede die vyf buitengewoon mooi dogters van Cirénius oor die algemeen smoorverlief op Hom was en onder mekaar gewedywer het om Hom die meeste te geval.

[13] Hierdie liefde het Hom wel geval, maar tog moes Hy steeds aan elke vrou sê: “Noli my tangere!” (Raak My nie aan nie,laat My met rus!)

[14] Omdat Hy verder die boosheid van die mense met een oogopslag deursien het en hulle sluheid en huigelary, skelmagtigheid en selfsugtigheid opgemerk het,

[15] is dit ook begryplik dat Hy baie liggeraak was en maklik beledig en kwaad kon word;

[16] maar dan het Hy Sy Goddelike gemoed deur Sy liefde gematig, waarop ontferming gevolg het.

[17] En so het Hy tydens Sy lewe die suiwer swaarste selfverloëning beoefen, om daardeur die ontwrigte ewige orde te herstel.

[18] Hieruit kan maklik gesien word hoe Jesus as mens hierdie agtien jaar onder voortdurende harde versoekinge en die bestryding daarvan deurgebring het.

[19] En omdat dit nou tot voordeel vir elkeen uiteengesit is, bly daar niks meer te sê oor behalwe die driedaagse bespreking met die wyses en geleerdes in die tempel (Sien “Die drie dae in die tempel (te Jerusalem)” maar wat, net soos soveel ander dinge, nie nou kan volg nie.. Verder staan in die groot Evangelie van Johannes ook enkele episodes uit die jeug van Jesus.)

[20] Wees daarom voorlopig hiermee tevrede en die res sal volg as julle aan die Kneg sal sê:

[21] “Broer, kom na ons in die Naam van die Heer en bly en woon by ons!”

[22] Hiermee is dan ook hierdie werk afgesluit en My seën en My barmhartigheid is voortdurend met julle! Amen, amen, amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205