Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die drie Wyses aanbid die Heer in die Kindjie - Die woorde van die drie Wyses, hulle geeste: Adam, Kain en Abraham

(16 Sept. 1843)

30 Toe die goeie Josef dit alles verneem het, het dit ligter om sy bedrukte hart geword en omdat hy gehoor het dat die hoofman na hom sou kom, het hy homself voorberei om hom te ontvang. 

[2] En die hoofman het binnegekom, Josef gegroet en met hom gepraat: ”Man van my hoogste agting! 

[3] Kyk, deur `n wonderbare beskikking het die manne uit die Ooste, wat nou buite wag, hierheen gekom; ek het hulle skerp verhoor en het in hulle niks boos ontdek nie! 

[4] Hulle wens om aan die Kind volgens die belofte van hulle God hulde te bring en daarom is ek van mening, dat jy hulle sonder die allergeringste vrees binne kan laat, as dit vir jou geleë is.”  

[5] En Josef het gesê: ”As dit so is, dan wil ek my God loof en prys, want Hy het weer `n gloeiende steen uit my hart weggeneem! 

[6] Maar Maria het voorheen ietwat geskrik, toe die Perse begin het om kamp rondom die grot op te slaan; daarom moet ek tog eers sien hoe dit met haar gesteld is, sodat `n onverwagte binnekoms van hierdie gaste haar nie nog meer verskrik nie.” 

[7] Die hoofman was dit met Josef se voorsorg eens en Josef het na Maria gegaan en haar alles meegedeel, wat hy van die hoofman gehoor het. 

[8] En Maria het baie opgewek gesê: ”Vrede aan alle mense op aarde wie se harte opgeruimd en goed is en hulle wil deur God wil laat lei! 

[9] Laat hulle maar kom, as die Gees van JaHWeH dit aan hulle aangedui het en hulle sal die seën van Sy trou oes! Want ek het nie die geringste vrees vir hulle nie! 

[10] Maar wanneer hulle binnekom, moet jy wel naby my staan, want dit sou nie gepas wees, as ek hulle heeltemal alleen sou ontvang in hierdie tent nie!” 

[11] Josef het gesê: ”Maria, as jy daartoe in staat is, staan dan op met die Kind en sit die krippie met die Kindjie daarin voor jou neer, dan kan die gaste binnekom en aan die Kindjie hulle eer betuig!” 

[12] En Maria het dadelik aan Josef se wens voldoen en Josef het daarop aan die hoofman gesê: 

[13] ”Kyk, ons is gereed; as die drietal binne wil kom, dan kan ons hulle wel laat verstaan, dat ons volgens ons armoedigheid geheel en al op hulle ontvangs gereed is!” 

[14] En die hoofman het na buite gegaan en dit aan die drietal meegedeel. Die drie het egter dadelik op die aarde neergeval, God vir hierdie toestemming geloof en toe die goue sakke geneem en hulleself met die grootste eerbied in die grot begewe. 

[15] Die hoofman het die deur oopgemaak en die drie het met die grootste eerbied die grot binnegetree, want op die oomblik van hulle binnekoms het `n magtige Lig van die Kind uitgestraal. 

[16] Toe hulle, naamlik die drie Wyses, die krippie waarin die Kindjie gelê het, tot op enkele tree genader het, het hulle dadelik op hulle aangesigte neergeval en Hom aanbid. 

[17] Omtrent `n uur lank het hulle, van groot eerbied vervul en geboë voor die Kind gelê; toe eers het hulle hulself langsaam opgerig en het knielend hulle betraande gesigte opgehef en die Heer, die Skepper van die oneindigheid en die ewigheid aanskou! 

[18] Die name van die drie Wyses was: Gaspar, Melchior en Balthazar. 

[19] En die eerste, gelei deur Adam (Gaspar) se gees, het gesê: ”Gee aan God die eer, die lof en die prys! Hosannah, Hosannah voor God, die Drie-enige van ewigheid tot ewigheid!” 

[20] Nou het hy die sak wat met goud bewerk is en waarin drieen- dertig pond van die fynste wierook was, geneem en dit met die grootste eerbied aan Maria gegee met die woorde: 

[21] ”Aanvaar, o moeder, sonder skroom die klein bewys aan Hom, waarvan my gehele wese vir ewig vervul sal wees! Aanvaar die eenvoudige uiterlike tribuut (geskenk) wat elke denkende skepsel uit die grond van sy hart ewig verskuldig aan sy Almagtige Skepper is!” 

[22] Maria het die swaar sak geneem en dit aan Josef gegee, en die skenker het opgestaan en na die deur gegaan en daar nogmaals neergekniel en die Heer in die Kind aanbid. 

[23] En nou het die tweede, wat `n Moor (Melchior) was en deur die gees van Kain gelei is, `n ietwat kleiner sak, maar van dieselfde gewig, gevul met die suiwerste goud, opgetel en dit aan Maria oorhandig met die woorde: 

[24] ”Wat die Koning van die geeste en die mense op aarde regtens toekom, bring ek hier, `n baie klein offer vir U, my Heer van die heerlikheid vir ewig! Aanvaar dit, o moeder, uit wie gebore is, wat alle engeletonge in alle ewigheid nie in staat sal wees om uit te spreek nie!” 

[25] Maria het nou die tweede aangeneem en dit aan Josef gegee! En die offerende Wyse het opgestaan en na die eerste gegaan en gedoen, wat die eerste gedoen het.  

[26] Vervolgens het die derde opgestaan, en sy sak, wat met die allerfynste goudmirre en destyds een van die kosbaarste speserye was en dit aan Maria oorhandig met die woorde: 

[27] “Abraham( Balthazar) se gees is in my geselskap en hy sien nou die dag van JaHWeH, waarna hy so uitermate uitgesien het! 

[28] Maar ek, Balthazar, offer hier in die vorm van hierdie klein gawe wat aan die Kind van alle kinders toekom! Aanvaar dit, o moeder van alle barmhartigheid! `n Beter offer berg ek egter in my bors; dit is my liefde, wat vir die Kind ewig `n opregte offer sal wees!” 

[29] Nou het Maria die sak wat eweneens drie-en-dertig pond geweeg het, geneem en dit aan Josef gegee. Die Wyse het nou ook opgestaan en homself by die eerste twee gevoeg, die Kindjie aanbid en na die voltooide gebed met die eerste twee na buite gegaan, waar hulle tente opgeslaan was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205