Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die opbreek vir die vlug – Josef se onderhoud met Salome - Afskeid van die hoofman - Die vertrek - Vry geleide van Cornelius aan Cirénius – Josef se roete - Voorval met die rowers – Josef se aankoms in Tyrus by Cirénius - Trooswoorde en hulp van Cirénius

(26 Sept. 1843)

34 Na hierdie bespreking van Josef met die hoofman, het Josef aan sy seuns gesê: ”Maak julle klaar en saal die lasdiere op! 

[2] Saal die ses nuwe esels vir my en vir julle op en die ou beproefde een vir Maria! Neem soveel eetgoed saam as wat julle kan; die os en die wa laat ons hier vir die vroedvrou as aandenking en beloning vir haar sorg en aandag aan ons!” 

[3] Aldus is die os met die wa deur die vroedvrou in besit geneem en word nie meer vir enige werk gebruik nie. 

[4] Salome het aan Josef gevra of sy nie met hom saam kon gaan nie. 

[5] Maar Josef het gesê: ”Daaroor moet jy self besluit; jy weet dat ek arm is en jou geen loon kan gee nie, as jy dan as diensmaagd saam wil gaan. 

[6] As jy egter oor eie middele beskik en saam met my kan sorg vir etes en veiligheid, dan kan jy my volg!” 

[7] Salome het egter gesê: ”Luister, seun van die groot koning Dawid! Nie net vir my nie, maar vir jou hele gesin sou my vermoë gedurende honderd jaar toereikend wees! 

[8] Want ek is ryker aan aardse goedere as wat jy wel sou dink! Wag net nog `n uur en ek sal, met skatte belaai, reisvaardig wees!” 

[9] Maar Josef het gesê: ”Salome, kyk, jy is `n jong weduwee en moeder; jy moet dus ook beide jou seuns saamneem! 

[10] Kyk, dit sal baie werk vir jou meebring, en ek het geen minuut meer te verloor nie, want oor drie ure sal Herodus hier al sy intog maak en oor `n uur sal sy voorposte en bodes al hier aankom! 

[11] Daaruit kan jy sien dat dit vir my onmoontlik is om op jou voorbereidings te wag! 

[12] Daarom dink ek, dat jy daar beter kan doen deur hier te bly, sodat ek nie deur jou opgehou word nie, maar indien ek dalk eendag volgens die wil van die Heer weer terugkom, dan sal ek weer na Nasaret trek. 

[13] Maar as jy aan my `n diens wil bewys, gaan dan by geleentheid na Nasaret en pag my grond vir nog drie tot sewe of tien jaar, sodat dit nie in vreemde hande val nie!” 

[14] Salome het afgesien van haar wens en was tevrede met hierdie opdrag. (Matthéüs. 2:14b).  

[15] Daarna het Josef die hoofman omhels en hom geseën en Maria geroep, om saam met die Kindjie plaas te neem op haar rydier. 

[16] Toe alles so vir die vertrek gereed was, het die hoofman aan Josef gesê ”Man van my hoogste agting, sal ek jou en hierdie Kind met die moeder ooit weer te sien kry?” 

[17] En Josef het gesê: ”Daar sal nouliks drie jaar verstryk voordat ek en die Kind en Sy moeder jou opnuut sal begroet! Wees daarvan verseker; maar laat ons nou vertrek! Amen.” 

[18] Josef het nou sy lasdier bestyg en sy seuns het sy voorbeeld gevolg. Josef het daarop die teuels van Maria se esel geneem en hom, onder lofprysing van die Heer, die grot uitgelei. 

[19] Toe hulle almal buite was, het Josef gesien hoe `n menigte van die volk uit die stad mekaar staan en verdring om die vertrek van die Pasgeborene te sien, daar die mense van die vroedvrou wat na haar huis teruggekeer het en die wisselaar verneem het, dat dit sou gebeur. 

[20] Vir Josef was die nuuskierige aanstaring baie baie ongeleë; daarom vra hy die Heer of Hy hulle so gou moontlik van die lastige nuuskierige aanstaring van hierdie niksdoeners sal bevry. 

[21] En kyk, dadelik het `n digte newel oor die hele stad gekom en niemand was in staat om ook maar meer as vyf tree voor hom te sien nie. 

[22] Die volk was teleurgesteld daaroor en het hulleself weer in die stad teruggetrek en Josef, begelei deur die hoofman en Salome, kon nou ongesiens die naaste gebergte bereik. 

[23] Toe hy nou die grens tussen Judea en Sirië bereik het, het die hoofman aan Josef `n vry geleidingsbrief gegee, wat bestem was vir die landvoog Cirénius, wat die opperbevel oor Sirië gevoer het. 

[24] Josef het dit dankbaar in ontvangs geneem en die hoofman het gesê: ”Cirénius is `n broer vir my; meer hoef ek jou nie te sê nie, reis dus maar voorspoedig en kom ook weer veilig terug!”' Hierop het die hoofman en Salome teruggekeer en Josef het verder getrek in die naam van die Heer. 

[25] Teen die middaguur het Josef op `n afstand van twaalf uur van Betlehem die hoogste punt van die gebergte bereik. Die gebergte is reeds heeltemal in Sirië en is in die tyd van die Romeine Celesyrië genoem. (Matthéüs. 2:14).  

[26] Want Josef moes hierdie ietwat langer omweg neem, omdat daar vanuit Palestina geen veilige weg na Egipte gelei het nie. 

[27] Sy reisroete was dan soos volg: Die eerste dag het hy naby die stadjie Bostra gekom. Daar het hy oornag, terwyl hy die Heer geprys het. Daar was dit dan ook, dat rowers gekom het om hom te beroof. 

[28] Maar toe hulle die Kindjie gesien het, het hulle op hulle aangesigte neergeval, Hom aanbid en toe buitengewoon verskrik die gebergte ingevlug. 

[29] Van daar het Josef die volgende dag weer oor `n sterk gebergte getrek en in die aand in die omgewing van Panea, `n grensstadjie in die noorde tussen Palestina en Sirië, gekom. 

[30] Vanuit Panea het hy op die derde dag die provinsie Fenicië bereik en in die omgewing van Tyrus gekom, waar hy homself die volgende dag met sy vry geleidingsbrief na Cirénius begeef het, wat in hierdie tyd vir sake in Tyrus vertoef het. 

[31] Cirénius het Josef op die allervriendelikste ontvang en hom gevra wat hy vir hom kon doen. 

[32] Josef het gesê: ”Sorg asseblief dat ek veilig na Egipte kan gaan!” En Cirénius het geantwoord: ”Goeie man, jy het `n enorme omweg geneem, want Palestina is heelwat nader aan Egipte as Fenicië! Nou moet jy tog weer deur Palestina trek, naamlik van hier na Samaria, van daar na Joppe en dan na Askelon, vandaar na Gaza, dan na Gerar en dan eers na Elusa in Arabië!” 

[33] Nou het Josef verdrietig geword, omdat hy so verdwaal het. Maar Cirénius het medelye met Josef gekry en gesê: ”Goeie man, ek neem jou nood ter harte. Weliswaar is jy `n Judeër en `n vyand van die Romeine, maar omdat my broer, wat alles vir my beteken, jou so liefhet, wil ek ook aan jou `n vriendskapsdiens bewys. 

[34] Kyk, môre vaar `n klein, maar veilig skip van hier na Ostrasine! Daarmee kan julle in drie dae daar wees en is jy in Ostrasine, dan is jy ook al in Egipte! - Ek sal jou ook `n vry geleidingsbrief saamgee, waarmee jy ongehinderd in Ostrasine sal kan bly en jou daar ook sal kan vestig. Vir vandag egter is jy my gas; laat jou bagasie daarom na binne bring!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205