Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 36

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef word skerp geoordeel; Sy verklaring oor die wese en die geboorte van die Kindjie - Die brief van Cornelius – Josef se raad om te swyg - Teëspraak en twyfel – Josef se kragtige regverdiging teenoor die hoë geregsdienaar'

(29 Sept. 1843)

36 Josef was self egter ook buitengewoon verbaas daaroor en het daarom aan Cirénius gesê: ”Luister na my, magtige landvoog! Dit kan vir u nie onbekend wees dat volgens die wette van my volk elke towenaar verbrand moet word nie! 

[2] Indien ek dus `n towenaar was, dan sou ek nie so oud geword het soos ek is nie, want ek sou dan as sodanig lankal in die hande van die owerpriesters te Jerusalem geval het! 

[3] Daarom kan ek u nou niks anders sê as dat die verskynsel sekerlik in verband staan met die groot gewydheid van hierdie Kind nie! 

[4] Want reeds by die geboorte van die Kind het hulleself tekens plaasgevind, waaroor almal ontsteld was: alle hemele het oopgestaan; die winde het geswyg; die stroompies en riviere het stilgestaan; die son het aan die horison bly staan; 

[5] die maan het ongeveer drie uur lank nie van plek verander nie; ook het die sterre nie verder langs die hemel beweeg nie; die diere het nie geëet en gedrink nie, en alles, wat andersins leef en beweeg, het in `n doodse rus versink; ekself was onderweg en moes stilstaan!” 

[6] Toe Cirénius dit van Josef verneem het, het hy met hom gepraat: ”Dus, is dit die merkwaardige Kind, waaroor my broer aan my geskryf het met die woorde: 

[7] ”Broer, ek het jou nuus mee te deel: Naby Betlehem is `n Kind gebore uit `n jong vrou van Judese afkoms, waarvan `n groot wonderkrag uitgaan; Ek is geneig om te dink dat dit `n Goddelike kind is! 

[8] Maar die vader is ook so `n goeie eerlike Judeër, dat ek dit nie oor my hart kan kry om nader ondersoek te laat doen nie! 

[9] As jy dalk binnekort na Jerusalem sou kom, sou dit vir jou weliswaar die moeite werd wees om hierdie man in Betlehem te besoek. Ek dink steeds dat die Kind `n vermomde jong Jupiter of ten minste Apollo is. Maar kom en oordeel self!”.' 

[10] Kyk, goeie man, soveel is my oor die saak bekend; maar wat jy my nou vertel het, is vir my baie onbekend. Sê my daarom of jy die eintlike man is, oor wie my broer aan my vanuit Betlehem berig het!” 

[11] En Josef het gesê: ”Ja, magtige Heer, dit is ek! Maar geseënd is u broer dat hy u nie meer oor die Kind vertel het nie! 

[12] Want hy het vanuit die hemel `n woord gekry om te swyg oor alles, wat daar plaasgevind het. Waarlik, as hy u meer sou gesê het, sou daar met Rome dieselfde gebeur het, soos wat u so pas voor u eie oë sien gebeur het met die afgodsbeelde, wat daar op die tafel gestaan het! 

[13] Maar heil sy u en u broer as u kan swyg! Want dan sal u geseënd wees deur die Heer, van die ewig lewende God, die Skepper van hemel en aarde!” 

[14] Hierdie woorde het Cirénius groot agting vir Josef ingeboesem en vrees vir die Kind, sodat hy die Kind daarop dadelik weer in die arms van Maria teruggegee het.  

[15] Daarna het hy hom weer tot Josef gewend en gesê: ”Goeie, eerlike man, let nou goed op wat ek aan jou te sê het; 

[16] want onmiddellik het daar `n goeie gedagte in my kop gekom en ek sal jou dit vertel en dan moet jy my daarop antwoord! 

[17] Kyk, as die Kind van Goddelike afkoms is, dan moet ook jy dan Sy vader wees, want ‘ex trunco non fit mercurius’* en uit dorings groei geen druiwe nie! Derhalwe kan uit `n gewone mens geen Goddelike kind voortkom nie! * (letterlik: 'uit `n boomstam kom geen Mercurius nie).  

[18] Maar jy lyk vir my origens tog wel `n gewone mens te wees, eweas jou vyf ander seuns, wat daar agter jou staan en die jong moeder, weliswaar `n welgemanierde Judeër, blyk ook nie goddeliksoortigs te besit nie! 

[19] Daartoe behoort `n groot, byna boaardse skoonheid en grootse wysheid, soos ons uit die oorleweringe weet van die vroue, waarmee die gode hulleself eens sou ingelaat het - waarvoor `n mens ewenwel `n buitengewone sterk geloof nodig het, wat ek absoluut nie besit nie. 

[20] Bowendien moet ek jou nog op iets wys en dit is, dat jy nie vanuit Betlehem na Egipte kon reis met jou godekind nie, maar na hier verdwaal het, wat blyk uit die feit dat jy treurig en verleë was, toe ek aan jou verduidelik het hoever jy verdwaal het op die weg na Egipte! 

[21] Sou jou God of die gode van Rome dan onbekend wees met die weg van Betlehem na Egipte?! 

[22] Kyk, dit is growwe teenstrydighede, wat steeds talryker word hoe dieper `n mens op die saak ingaan! Daar kom nog by, dat jy Rome selfs met die ondergang bedreig het, as ek of my broer die Kind sou verraai! 

[23] Waarom moet die gode swak sterflinge bedreig asof hulle bang vir hulle sal wees? Hulle hoef immers alleen maar openlik op aarde neer te daal en almal moet blindelings gehoorsaam word aan hulle magtige wil! 

[24] Kyk, hierdie kennisgewing van jou kom my voor as `n swak poging om my te mislei, sodat ek nie sal ontdek, wie jy in werklikheid is nie: of wel `n Judese magiër wat homself na Egipte begeef om daar sy brood met hierdie beroep (handwerk) te verdien omdat hy in sy vaderland nie seker is van sy lewe nie, 

[25] of miskien `n baie listige Judese spioen, deur die heerssugtige Herodus omgekoop, om uit te vind hoe dit met die Romeinse owerste gesteld is?! 

[26] Ek het weliswaar die vry geleidingsbrief van my broer en die brief waarvan ek jou vertel het, maar ek het nog nie daaroor met my broer gepraat nie en dus kan hierdie dokumente ook vals wees, want ook my broer se handskrif kan nagemaak word! 

[27] Ek hou jou nou maar vir beide, dus vir `n magiër en vir `n spioen! Regverdig jou nou so grondig moontlik, anders is jy my gevangene en sal jy nie aan jou geregtelike straf ontsnap nie!” 

[28] Met hierdie woorde het Josef Cirénius reg in die gesig gekyk en gesê: ”Stuur `n ylbode na u broer Cornelius; gee beide briewe saam, en u broer sal getuig of die saak met my so skandelik gestel is, soos u van mening is! 

[29] En dit eis ek nou van u, want my eer is geregverdig voor God, die Ewige en sal nie deur `n heiden vertrap word nie! U mag wel `n patrisiër van Rome wees, ek is `n nasaat van die groot koning Dawid, voor wie baie in die wêreld gebewe het, en as sodanig laat ek my deur geen heiden onteer nie! 

[30] Ek sal nie nou eerder hiervandaan van u sy afwyk nie, voordat u my in my eer herstel het nie; want die eer wat God my gegee het, sal geen heiden my ontneem nie!” 

[31] Hierdie kragtige woorde het Cirénius verbaas; want so het hy as landvoog, wat tog onbeperkte mag oor lewe en dood het, nog nooit so teen hom hoor spreek nie! Hy het daarom by homself gedink: ”As hierdie man homself nie bewus was van `n buitengewone krag vergeleke met myne nie, dan sou hy nie so kon gepraat het nie! Ek moet daarom nou baie anders met hom begin te praat!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205