Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Heidense voorstel van Cirénius om die Wonderkind na die keiserlike hof te Rome te bring – Josef se teenstand onder verwysing na die nederigheid van die Heer - Profetiese woorde oor die geestelike lewensson

(4 Okt. 1843)

38 In hierdie salige gemoedstemming het Cirénius met Josef gepraat: ”Luister na my, jy groot man! As ek nou keiser te Rome was, sou ek vir jou afstand doen van die troon en die keiserskroon. 

[2] En as keiser Augustus eweveel van die Kind sou geweet het soos ek nou, sou hy dieselfde doen! Al heg hy daar ook baie waarde aan, dat hy die magtigste keiser op aarde is, tog weet ek ook hoeveel hy alles wat Goddelik is ver bo homself plaas. 

[3] As jy wil, dan skryf ek aan die keiser en ek verseker jou by voorbaat, dat hy jou met die hoogste eer na Rome sal laat haal en vir die Kind, wat ongetwyfeld `n Seun van die hoogste God is, die grootste en heerlikste tempel sal bou. 

[4] Daarin sal hy Hom tot in die oneindigheid verhoog en homself in die stof werp voor die Heer, wie die elemente en alle gode moet gehoorsaam! 

[5] Dat dit by die Kind die geval is, daarvan het ek my nou vir `n tweede maal oortuig, deurdat nie eens Jupiter homself teen Hom kan beskerm en geen erts teenoor Sy mag stand kan hou nie! 

[6] Soos gesê, as jy dit wil, sal ek vandag nog boodskappers na Rome stuur! Voorwaar, dit sou in die groot keiserstad `n enorme sensasie veroorsaak en sou die trotse priesterdom, wat tog in elk geval al nie meer weet op welke manier hulle die mensheid op die doeltreffendste wyse moet belieg en bedrieg nie, beslis ietwat verneder!” 

[7] Maar Josef het Cirénius geantwoord: ”Liewe, goeie vriend! Dink u dan dat Hy, wie die son, die maan, die sterre en alle elemente van die aarde moet gehoorsaam, enige waarde aan die verering van Rome heg?! 

[8] As Hy dit wou gewil het dat die hele wêreld Hom as `n afgod moes eer, dan sou Hy voor die oë van die hele wêreld in Sy ewige oneindige, Goddelike majesteit op die aarde neergedaal het! Daardeur sou egter ook die hele wêreld tot sy ondergang veroordeel wees. 

[9] Hy het egter die aardse nederigheid gekies om die wêreld salig te maak, soos geskryf staan in die boeke van die profete; laat daarom die berig na Rome maar agterweë! 

[10] Wil u Rome egter vernietig sien, doen dan soos u dit goed dink; want kyk, Hy het gekom tot die val van die wêreld se groot en magtige mense en tot verlossing van die ellendiges, `n troos vir die bedroefdes en tot opstanding van hulle, wat in die dood is! 

[11] Dit glo ek vas in my hart! Maar alleen aan u het ek nou hierdie geloof van my te kenne gegee; verder sal niemand my dit egter hoor uitspreek nie! 

[12] Bewaar u hierdie woorde ook as `n heiligdom van alle heiligdomme in u hart tot aan die tyd, dat vir u `n nuwe lewensson sal opgaan, dan sal dit met u goed gaan!” 

[13] Hierdie woorde van Josef het soos pyle in die hart van Cirénius gedring en gemaak dat hy heeltemal van mening verander het en wel so, dat hy onmiddellik bereid sou wees om al sy aansien op te gee en om nederigheid te beoefen. 

[14] Maar Josef het aan hom gesê: ”Vriend, vriend, bly wat u is, want die mag in die hande van mense van u soort is `n Seën van God vir die volk! Want kyk, wat u is, dit is nòg uit uself, nòg uit Rome, maar alleen uit God! Daarom bly wat u is!” - En Cirénius het die onbekende God geloof en aan tafel gaan sit en in opgewekte stemming saam met Josef en Maria geëet en gedrink.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205