Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se voorspelling van die kindermoord – Cirénius se woede teen Herodus - Voorspoedige seereis na Egipte – Josef se seën en vaarloon vir die skippers en vir Cirénius

(9 Okt. 1843)

41 Daarop het Josef met Cirénius gepraat: ”Edele vriend, goed en edel is u plan, maar u sal nouliks in staat wees om dit uit te voer. (Matthéüs. 2:16a).  

[2] Want kyk, vannag nog sal aan u briewe van Herodus besorg word, waarin u opgeroep word om alle kindertjies van tot twee jaar van die manlike geslag langs die oewer van die see te onderskep en na Betlehem te bring, sodat Herodus hulle daar sal doodmaak! 

[3] U kan uself egter teen Herodus verset, maar u arme broer moet ongelukkig in hierdie bose spel om die politiek se ontwil meedoen om homself nie bloot te stel aan die byt van hierdie giftigste van alle slange nie. (Matthéüs. 2:17-18; Jer. 31:15; Gen. 35:19).  

[4] Glo my, terwyl ek hier nou by u is, word in Betlehem gemoor, honderd moeders verskeur in vertwyfeling hulle klere vanweë die grusame verlies van hulle kinders. (Matthéüs. 2:17-18; Matthéüs. 2:16c)  

[5] En dit gebeur alles vanweë hierdie een Kind, waaroor die drie wyses uit Persië in geestelike sin getuig het, dat Hy `n Koning van die Judeërs sal wees. (Matthéüs. 2:16c).  

[6] Herodus het egter daaronder `n wêreldse koning verstaan, daarom wil hy hom doodmaak, omdat hy self heerskappy oor Judea erflik na homself toe wil trek en bang is, dat die Kind hom dit sou kon ontneem -terwyl Hy tog alleenlik maar op die wêreld gekom het om die menslike geslag van die ewige dood te verlos!” 

[7] Toe Cirénius dit gehoor het, het hy in woede teen Herodus ontsteek en aan Josef: gesê; 

[8] ”Luister na my, man van JaHWeH! Hierdie monster sal nie van my `n werktuig van hom maak nie! Vandag nog sal ek saam met jou vertrek, en op my eie skip, wat dertig roeirieme tel, daar sal julle `n goeie nagverblyf vind! 

[9] My betroubaarste dienaars, wat my by alle gode trou gesweer het, sal ek vaste instruksies gee oor wat hulle moet doen met die bodes, wat met die telegramberigte wat aan my gerig is, hier aankom.. 

[10] Kyk, volgens ons geheime wette moet dit in versekerde bewaring bly tot ek weer hierheen terugkom! 

[11] Die briewe word egter van hulle afgeneem en moet my sonder dat die boodskappers van Herodus dit weet, aangestuur word, sodat ek daaruit kan uitmaak wat die inhoud daarvan is. 

[12] Ek weet egter nou al wat die inhoud van die briewe sal wees en ook hoe lank ek sal wegbly. Indien daar nog boodskappers agterna kom, sal hulle in die wagtoring ook so lank opgeneem word totdat ek terugkom! 

[13] Laat jou gesin hulleself nou dus reisvaardig maak, dan sal ons dadelik aan boord gaan van my veilige skip!” 

[14] Josef was daarmee tevrede en binne `n uur was almal goed ingerig op die skip; selfs Josef se lasdiere word goed gestal. `n Noordewind het vir `n goeie vaart gesorg. 

[15] Sewe dae lank het die vaart geduur en alle matrose en skeepsliede het almal verseker dat hulle nog nooit so geheel sonder die geringste moeilikheid oor hierdie waters geroei het soos hierdie keer nie, 

[16] Almal het op hierdie tydstip dit dan vir iets wonderbaarliks beskou, omdat Neptunus - soos hulle beweer - in hierdie tyd baie sonderling met sy sement omgaan, omdat hy op die bodem van die see sy skepping orden en met sy dienaars beraadslaag! 

[17] Cirénius het aan die seeliede, wat hul verwonder het gesê: ”Luister, daar is twee soorte domheid: die een is vrywillig, die andere is `n verpligting! 

[18] Het julle uit vrye wil gespreek, dan sou julle gehelp kon word, maar julle praat asof julle dit dwangmatig opgelê is en daarom kan julle nie gehelp word nie. 

[19] Bly julle daar dus maar daarby, dat Neptunus sy drietand verloor het en dat hy dit nou nie durf waag om ons met sy skubberige hand te straf vir die misdryf, wat ons teen hom begaan het nie!” 

[20] Josef het nou aan Cirénius gevra: ”Is dit nie gebruiklik dat `n mens aan die seeliede `n beloning gee nie? Sê my dit, dan sal ek doen soos dit hoort, sodat hulle niks kwaads oor ons kan praat nie!” 

[21] Cirénius het egter gesê: ”Dit is nie nodig nie, want kyk, hulle staan onder my bevel en hulle het hulle diensloon - daarom hoef jy jou verder oor niks te bekommer nie!” 

[22] Maar Josef het daarop geantwoord: ”Dit is sekerlik waar, maar hulle is tog ook mense soos ons, daarom moet ons hulle ook soos mense tegemoet kom! 

[23] As hulle domheid `n gebod is, moet hulle hul lewe maar van die gebooie laat afhang, maar my gawe sal hulle gees vry maak! 

[24] Laat hulle daarom hierheen kom, sodat ek hulle seën en hulle in hulle harte mag bespeur, dat ook vir hulle die son van barmhartigheid en verlossing opgegaan het!” 

[25] Cirénius het nou die seeliede byeengeroep en Josef het die volgende woorde aan hulle gerig: 

[26] ”Luister na my, troue dienaars van Rome en van julle meester! Trou en ywerig het julle die skip bestuur; `n goeie beloning moet deur my, vir wie hierdie reis gemaak word, aan julle uitgereik word! 

[27] Ek is arm en het nòg goud nòg silwer, maar ek het die barmhartigheid van God in oorvloed en dit is die barmhartigheid van daardie God, wat julle die 'Onbekende' noem! 

[28] Mag die groot God hierdie barmhartigheid in julle bors ingiet, sodat julle gees sal ontwaak!” 

[29] Deur hierdie woorde het oor almal `n gevoel van eindelose geluksaligheid gekom en almal het begin om die onbekende God te loof en te prys! 

[30] En Cirénius was verbaas oor hierdie werking van die seën van Josef en het hom toe deur hom laat seën.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205