Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die gemeenskaplike maaltyd en Josef se verhaal oor die geskiedenis van die skepping, van die mensheid en van die Judese volk – Cirénius se versigtige mededeling aan die keiser en die goeie uitwerking daarvan

(16 Okt. 1843)

46 Vervolgens het Josef aan sy seuns opdrag gegee om die diere te versorg en daarna om om te sien hoe dit met die eetgoed gesteld was. 

[2] En hulle het alles volgens Josef se wens gedoen, die diere versorg en die koeie gemelk, 

[3] hulle het daarna na die voorraadkamer gegaan en daar `n groot voorraad meel, brood, vrugte en ook verskeie potte vol heuning gevind. 

[4] Want die wagkommandant was `n goeie byeboer, volgens die metode soos dit in Rome gebruiklik was en selfs deur `n Romeinse digter in daardie tyd besing is. 

[5] En hulle het dus spoedig brood, melk, botter en heuning na Josef in die woonkamer gebring. 

[6] Josef het alles bekyk, God gedank en alle spyse geseën en dit toe op die tafel laat plaas en Cirénius gevra om aan die maaltyd deel te neem. 

[7] Hy het die wens van Josef graag vervul, want ook hy was `n groot liefhebber van melk en brood met heuning. 

[8] Tydens die maaltyd het Josef in kort aan Cirénius die geskiedenis van die Judese volk vertel en ook die geskiedenis van die skepping en van die mensegeslag, 

[9] en dit alles so bondig en logies beskryf, dat dit vir Cirénius volkome duidelik geword het, dat Josef die betroubaarste waarheid gespreek het. 

[10] Hy was enersyds baie verheug daaroor wat homself betref, maar andersyds ook verdrietig oor sy mense in Rome, van wie hy goed geweet het, in welke ontsettende duisternis hulle hulself bevind het. 

[11] Daarom het hy (Cirénius) Josef gesê: ”Verhewe man en nou grootste vriend van my lewe! 

[12] Kyk, ek het `n plan beraam! Alles wat ek nou van jou verneem het, wil ek ook aan my nagenoeg lyflike broer en aan keiser Augustus, oorvertel, maar alleen so, asof ek dit toevallig gehoor het van `n aan my origens geheel onbekende, baie opregte Judeër. 

[13] Jou naam en verblyfplek sal ek in die verste verte nie noem nie; want, waarom sou die beste man in Rome, keiser Augustus en my broer, vir ewig moet sterwe?” 

[14] Hierdie keer het Josef toegestem en Cirénius het gebly en nog drie dae lank in Ostrasine geskryf en het die briewe met `n spesiale skip na Rome aan die keiser gestuur, met as enigste ondertekening: 'Jou broer Cirénius.' 

[15] Die deurlees van hierdie verslag van Cirénius het die keiser se oë geopen; hy begin toe die Judese volk te eerbiedig en het aan hulle selfs die geleentheid gebied om met `n klein heffing as egte Romeinse burgers opgeneem te word. 

[16] Tegelykertyd word al die streng predikers van die heidendom onder een of ander voorwendsel uit Rome verban. 

[17] Die ander in Rome- so-ook die geliefde digter, Ovidius, word om soortgelyke redes, wat `n mens egter nie kon agterkom nie, uit Rome verban en so het dit ook nie met die priesterstand onder Augustus die beste gegaan nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205