Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die vertrek van Cirénius en sy liefderyke sorg vir die heilige familie - Die verskriklike boodskap van die getuies van die kindermoord - `n Brief van Cirénius aan Herodus

(17 Okt. 1843)

47 Op die vierde dag het Cirénius eers afskeid geneem, nadat hy tevore die stadskommandant baie spesiaal op die hart gedruk het om hierdie familie by elke geleentheid onverwyld in beskerming te neem. 

[2] By sy vertrek wou die hele gesin hom begelei tot aan die see, waar sy skip voor anker gelê het. 

[3] Maar Cirénius het dit vriendelik afgewys en gesê: ”Dierbare, verhewe vriend, bly jy nou rustig hier!. 

[4] Want `n mens kan nie weet watter koeriers wat agterna gestuur is, my skip al ingehaal het - en met watter berigte nie! 

[5] Alhoewel julle nou volkome veilig is, is vir my tog ook daardie verstandigheid belangrik, waardeur geen enkele speurder te wete kan kom waarom ek hierdie keer in Januarie Egipte besoek het nie!” 

[6] Josef het Cirénius goed verstaan, hy het tuis gebly en hierdie weldoener in die voorportaal geseën. 

[7] Met die belofte om Josef spoedig weer te besoek, het Cirénius homself daarop met sy vier dienaars op pad begeef en het so te voet weldra sy skip bereik. 

[8] Daar aangekom, is hy dadelik met groot blydskap ontvang - maar kort daarna ook met `n groot gejammer deur enkele ander boodskappers wat hier aangekom het. 

[9] Want baie ouers het van die kus van Palestina gevlug vir die vervolging van Herodus, die kindermoordenaar, en hulle het dadelik baie haastig vertel welke gruwels Herodus rondom Betlehem en in die hele suidelike deel van Palestina met behulp van Romeinse soldate begin pleeg het. (Matthéüs. 2:16).  

[10] Hierop het Cirénius dadelik `n brief aan die landvoog van Jerusalem geskryf en een aan Herodus self met dieselfde strekking. 

[11] Die kort inhoud van die brief lui aldus: ”Ek, Cirénius, `n broer van die keiser en opperste landvoog oor Asië en Egipte, beveel u in die naam van die keiser om onmiddellik `n einde te maak aan u wreedheid, 

[12] in die teenoorgestelde geval sal ek Herodus as `n pure rebel beskou en hom straf ooreenkomstig die wet, volgens die voorskrifte en volgens my geregverdigde toorn! 

[13] Die landvoog van Jerusalem moet sy wreedhede noukeurig ondersoek en my daarvan onverwyld in kennis stel, sodat die woestaard nie ontkom aan die regmatige straf vir sy daad nie! 

[14] Geskryf op my skip, die 'Augustus', aan die kus te Ostrasine in die naam van die keiser, wie se hoogste verteenwoordiger ek in Asië en Egipte en spesiale landvoog van Celesyrië, Tyrus en Sidon is. Cirénius, vice Augusti*.*(namens Augustus)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205