Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die effek van die tweede brief - Die aankoms van Herodus en die landvoog in Tyrus - Die ontvangs by Cirénius - Die opwinding van die bevreesde volk - Maronius Pilla vir Cirénius

49 Hierdie brief van Cirénius het sowel die landvoog van Jerusalem en Herodus die grootste angs ingejaag! 

[2] Herodus en die landvoog, Maronius Pilla genaamd, het hulself daarom so vinnig moontlik na Cirénius begewe; 

[3] Herodus om iets van sy boete af te ding en die landvoog om weer in sy amp herstel te word. 

[4] Toe hulle met groot gevolg in Tyrus aankom, het die volk hewig geskrik, want hulle het gedink dat Herodus ook hier sy wreedheid sou bedryf met toestemming van Cirénius. 

[5] Hulle het uitasem na hom toe geloop, hulleself op die grond neergewerp en om barmhartigheid en erbarming gesmeek en geskreeu. 

[6] Cirénius, wat nie geweet het wat die aanleiding tot die verskynsel was nie, het aanvanklik geskrik, 

[7] maar toe so sy kalmte herwin en die volk baie vriendelik gevra wat daar aan die gang was en wat daar gebeur het, dat die mense uit groot vrees so angstig om hom geskreeu het. 

[8] Maar die volk het geskreeu: ”Hy is hier, hy is hier, die wreedste van alle wreedaards, wat in geheel Palestina baie duisende onskuldige kinders laat vermoor het.” 

[9] Nou eers het Cirénius die oorsaak van die angs van die volk uitgevind. Hy het hulle getroos, waarna die volk bedaar en weer weggegaan het; hy het homself egter voorberei op die ontvangs van beide. 

[10] Nouliks het die volk weggetrek, of beide het hulleself reeds laat aanmeld. 

[11] Herodus het eerste na vore gekom, baie diep voor die keiserlike hoogheid gebuig en toestemming gevra om te praat. 

[12] En Cirénius het baie opgewonde gepraat: ”Praat jy, vir wie die hel te goed is om jou `n naam te gee! Spreek, boosste uitwerpsel van die diepste hel! Wat wil jy van my hê?” 

[13] En Herodus, totaal verbleek deur hierdie donderende woorde van Cirénius, het bewend gepraat: ”Gebieder van die heerlikheid van Rome! Die boete wat u my opgelê het is onbetaalbaar hoog; skeld u my daarom die helfte kwyt! 

[14] Want Zeus is my getuie, dat ek dit, wat ek gedoen het, in opregte ywer vir Rome gedoen het! 

[15] Ek het weliswaar wreed gehandel, maar daar was geen andere moontlikheid nie, want die baie luisterryke Persiese gesantskap het my duidelik aanleiding daartoe gegee, deurdat ek deur hulle om die bos gelei word teen hulle gegewe woord in.” 

[16] Maar Cirénius sê: ”Maak dat jy hier wegkom, jy is `n vreeslike leuenaar tot jou eie voordeel! Aan my is alles bekend! Verklaar onmiddellik dat jy die opgelegde boete sal betaal, of ek laat hier op die plek jou hoof van jou romp afslaan!” 

[17] Hierop verklaar Herodus dat hy die boete sal betaal, waarby sy leenbrief en onderpand verlang word, wat eers na die betaling van die boete aan hom teruggegee sou word. 

[18] En Cirénius het hom daarop beveel om weg te gaan en het nou Maronius Pilla laat voorkom. 

[19] Hy het, omdat hy in die voorvertrek die stem van Cirénius gehoor het, al meer dood as lewendig voor Cirénius gekom. 

[20] Maar Cirénius het gepraat: ”Pilla, kom tot jouself, want jy was gedwing! Jy moet my belangrike inligting gee; daarom het ek jou laat roep! Daar staan jou geen boete te wagte nie, behalwe dié van jou hart teenoor God!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205