Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Maria oorhandig haar voltooide werk aan die tempel –Maria en die hoëpriester - Maria se reis na haar niggie Elisabeth

5 Binne enkele dae was Maria ook met die purper klaar, het dit in orde en het die skarlaken langs die purper neergelê 

[2] Toe het sy God vir die barmhartigheid gedank, dat Hy haar in staat gestel het om haar taak so goed te volbring en het vervolgens dit wat sy gespin het, in suiwer linne gewikkel en daarmee op pad na Jerusalem gegaan . 

[3] Tot by die bouplek, waar Josef aan die werk was, het sy alleen gegaan, maar van daar af het Josef haar weer na Jerusalem en na die tempel begelei. 

[4] Daar aangekom, het sy haar werk dadelik aan die hoëpriester oorhandig. 

[5] Hy het die skarlaken en die purperdraad noukeurig ondersoek en dit werklik uitstekend gevind, sodat hy Maria vol lof begroet het met die volgende woorde: 

[6] 'Maria, so `n vaardigheid het jy nie vanuit jouself nie, maar die Heer het met Sy hand gewerk! |7] Daarom het God jou verhoog; jy sal deur God die Heer geseënd wees onder alle vroue van hierdie aarde, want jy is die eerste, wat haar werk vir die Heer in die tempel kom bring het!” 

[8] Maria se hart was vervul van nederigheid en vreugde en sy het aan die hoëpriester gesê: 

[9] ”Waardige dienaar van die Heer in Sy heiligdom! O, prys my nie te veel nie en verhef my nie bo die ander nie, want die werk is immers nie my verdienste nie, maar uitsluitend die van die Heer, wat my hand gelei het! 

[10] Gee daarom aan Hom alleen alle roem, lof en eer; Hom gee ek al my liefde en al my aanbidding sonder ophou!” 

[11] Die hoëpriester het gesê: 'Amen, Maria, reine maagd van die Heer, jy het goed gespreek voor die Heer! Gaan dan nou weer in vrede; die Heer wees met jou!” (Lukas. 1:39-56).  

[12] Toe het Maria opgestaan en weer met Josef teruggegaan na die bouplek, waar sy `n klein versterkende maaltyd, bestaande uit brood, melk en water geneem het. 

[13] Nou het daar ongeveer `n halwe dagreis van die bouplek vandaan, aan die ander kant van `n klein gebergte, `n niggie van Maria, genaamd Elisabeth gewoon, wat sy graag wou besoek en sy het Josef daarom toestemming daarvoor gevra. 

[14] Josef het dit onmiddellik aan haar toegestaan en hy het aan haar sy oudste seun as gids saamgegee, wat haar sover moes begelei totdat sy die huis van Elisabeth kon sien.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205