Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

CIRÉNIUS BY JOSEF

Die reis van Cirénius na Egipte en sy aankoms in Ostrasine - Die besluit van Josef en Maria om Cirénius te begroet - Die eerste woorde van die Kindjie

(25 Okt 1843)

52 Die bepaalde voorjaar was in aantog, want in hierdie streek begin dit al in die helfte van Februarie. 

[2] Maar Cirénius het besluit om eers in die helfte van Maart na Egipte te gaan, welke maand by die Romeine gewoonlik vir militêre sake bestem was. 

[3] Toe dit dus die helfte van Maart was, het Cirénius weldra sy skip weer reisvaardig laat maak en presies op die vyftiende met Maronius Pilla die reis na Egipte begin. 

[4] Die reis is hierdie keer in vyf dae afgelê. 

[5] Hierdie keer het Cirénius homself in Ostrasine met alle eer laat ontvang, want hy moes nou groot militêre inspeksies en visitasies hou. 

[6] Daarom moes hy homself hierdie keer ook met alle eerbetoon laat ontvang. 

[7] Hierdie aankoms van Cirénius het gevolglik ook uitermate groot opsien in Ostrasine veroorsaak, wat ook deurgedring het tot die villa wat aan ons bekend is. 

[8] Josef het daarom sy twee oudste seuns na die stad gestuur, om noukeurig navraag te doen waarom die hele stad in rep en roer was. 

[9] En beide seuns het in aller yl gegaan en spoedig met die goeie nuus teruggekom dat Cirénius in die stad aangekom het en waar hy bly. 

[10] Toe Josef dit verneem het, het hy aan Maria gesê: ”Luister, hierdie groot weldoener moet ons uit dankbaarheid dadelik besoek en die Kindjie mag nie agterbly nie!” 

[11] En Maria, vol vreugde oor die berig, het gesê: ”O liewe Josef, dit spreek vanself, want die Kindjie is immers die eintlike liefling van Cirénius!” 

[12] En dadelik trek Maria die Kind, wat al flink gegroei het, nuwe kleertjies wat deur haar self gemaak is, aan en het toe in haar moederlike liefde en onskuld aan die Kindjie gevra: 

[13] ”En My allerliefste seuntjie, my liefste Jesus, Jy gaan ook saam om die liewe Cirénius te besoek?” 

[14] En Die Kindjie het baie vrolik vir Maria geglimlag en het duidelik sy eerste woorde gepraat en die woorde het gelui: 

[15] ”Maria, nou volg Ek jou, totdat jy eens My sal volg!” 

[16] Hierdie woorde het so `n verhewe stemming in Josef se huis teweeggebring dat hy daardeur die besoek aan Cirénius byna vergeet het. 

[17] Maar die Kindjie self het Josef aangespoor om sy voorneme nie uit te stel nie, want Cirénius sou hierdie keer heelwat hê om te doen vir die welsyn van die mense.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205