Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef en Maria se angs op die paradegrond en sy plan om te vlug - Die ontmoeting met Cirénius en Maronius Pilla -Die einde van die militêre inspeksie en die terugkeer van die heilige familie onder geleide van Cirénius

(26 Okt 1843)

53 Daarop het Josef en Maria dadelik op pad gegaan; en die oudste seun van Josef het hulle begelei en aan hulle die kortste pad na die kasteel waar Cirénius gebly het, gewys. 

[2] Toe hulle egter op die groot plein aangekom het, was dit daar vol van soldate, sodat dit nie maklik was om by die kasteel in te gaan nie. 

[3] En Josef het met Maria gepraat: ”Liewe vrou, kyk, wat vir ons mense onmoontlik is, dit bly vir ons onmoontlik! 

[4] En so is dit ook nou volkome onmoontlik om deur al hierdie rye soldate by die kasteel te kom; daarom moet ons maar dadelik weer omdraai en `n gunstiger geleentheid afwag! 

[5] Ook die Kindjie kyk baie angstig na al die rye ruwe soldate! Hy sou maklik kon skrik en ook siek word, en dit sou dan ons skuld wees; laat ons daarom teruggaan!” 

[6] Maar Maria het gesê: ”Liewe Josef! Kyk, as my oë my nie bedrieg nie, dan is die man, wat daar so pas met `n glansende helm op sy hoof voor hierdie laaste ry langs loop, nou juis Cirénius! 

[7] Laat ons dus nog `n bietjie wag totdat hy hierheen kom; miskien sien hy ons en sal ons dan sekerlik `n wenk gee wat ons moet doen - of ons na hom toe moet gaan of nie!” 

[8] En Josef het gesê: ”Ja, geliefde vrou, jy het gelyk; dit is inderdaad Cirénius self! 

[9] Maar kyk die ander held, wat daar langs hom loop, eers reg in die gesig! As dit nie die berugte goewerneur (landvoog) van Jerusalem is nie, dan wil ek nie langer Josef heet nie! 

[10] Wat maak hy hier? Sou sy aanwesigheid iets met ons te make het? Sou Cirénius ons dan skandelik aan Herodus uitgelewer het?! 

[11] Die beste van die saak is dat hy my en jou persoonlik sekerlik nie ken nie; daarom kan ons ons nog red deur `n nuwe vlug dieper in Egipte in. 

[12] As hy my of jou sou ken, dan was ons alreeds verlore, want hy is nou nog maar nouliks twintig tree van ons af en sou ons so dadelik kon laat gryp. 

[13] Laat ons ons daarom so vinnig moontlik terugtrek, anders is dit met ons gedaan as Cirénius ons in die oë kry, want hy sal ons sekerlik nog baie goed ken!” 

[14] Hieroor het Maria geskrik en sy wou dadelik daar weggaan, maar die gedrang van die volk het `n vlug hier onmoontlik gemaak, want die nuuskierigheid het soveel mense na die plein gedryf dat dit onmoontlik was om daardeur te dring. 

[15] Josef het daarom gesê: ”Wat onmoontlik is, dat is onmoontlik; laat ons ons dus skik in die Goddelike wil! Die Heer sal ons ook sekerlik hierdie keer nie verlaat nie! 

[16] Laat ons versigtigheidshalwe ons hoofde so goed bedek sodat Cirénius ons gesigte ten minste nie herken nie.” 

[17] Op daardie oomblik het ook Cirénius baie naby aan Josef gekom en hom `n bietjie opsy geskuif. Josef kon vanweë die gedrang egter nie wyk nie; daarom het Cirénius hierdie hardnekkige man van nader aangekyk en Josef dadelik herken. 

[18] Toe hy Josef en Maria en die Kind wat vir hom geglimlag het, gewaar het, het sy oë vol vreugdetrane geword; ja, Cirénius was so verheug, dat hy nouliks in staat was om te praat! 

[19] Tog het hy homself so gou moontlik herstel, het inderhaas Josef se hand gegryp, dit aan sy bors gedruk en gesê: 

[20] 'My verhewe vriend! Jy sien hoe besig ek is! 

[21] O, vergeef my, dat ek jou nog nie kon besoek nie, maar hierdie inspeksie het nou net afgeloop! Ek sal die troepe dadelik na hulle kasernes laat gaan, 

[22] daarna sal ek die owerste my bevel vir môre gee en dan sal ek ook dadelik met ander klere hier by jou terug wees en jou begelei na jou woning!” 

[23] Vol vreugde het hy hom nou tot Maria en die Kind gewend en gevra, as`t ware die Kind liefkosend: 

[24] ”O Jy my lewe, my alles, ken Jy my nog? Het Jy my lief, my allerliefste Kindjie?” 

[25] En Die Kindjie het Sy handjies wyd uitgesprei na Cirénius opgehef, het vir hom baie vriendelik geglimlag en toe duidelik gepraat: 

[26] ”O Cirénius! Ek ken jou goed en het jou lief, omdat jy soveel van My hou! Kom, kom tog na My, want Ek moet jou immers seën!” 

[27] Dit was te veel vir die hart van Cirénius; hy het die Kindjie op sy arm geneem, Hom dit aan sy hart gedruk en gesê: 

[28] ”Ja, my lewe, met Jou op my arms wil ek die bevel tot langdurige vrede tussen die volkere uitspreek!” 

[29] Nou het hy die owerste na hom geroep en sy volle tevredenheid teenoor hom uitgespreek en hom beveel om die troepe te verdaag en hulle drie dae lank op eie koste (d.w.s. die koste van Cirénius) te laat versorg, en het vervolgens die owerste benewens `n aantal hoofmanne uitgenooi na `n goeie maaltyd in Josef se villa! 

[30] En hy het gegaan soos hy was, begelei deur die Maronius Pilla wat hom steeds meer verwonder het, dadelik met Josef en Maria na Josef se villa, terwyl hy die Kindjie self gedra het en het daar deur sy dienaars dadelik `n feestelike maal laat berei. Dit het groot opsien in die stad veroorsaak, want die hele volk was in liefde ontvlam vir Cirénius, omdat hulle in hom so `n groot kindervriend ontdek het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205