Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se angstige vraag aan Cirénius oor die aanwesigheid van Maronius Pilla - Die gerusstellende antwoord van Cirénius -Die aankoms in Josef se villa

(27 Okt 1843)

54 Josef het alles goed gevind en hy het in sy hart die Heer ook vurig geloof vir hierdie gunstige wending van sy angstige besorgdheid. 

[2] Maar tog het Maronius hom `n bietjie gehinder, want hy het nog steeds nie geweet wat hierdie vriend van Herodus hier nou eintlik gedoen het nie. 

[3] Daarom het hy nog onderweg baie ongemerk na Cirénius geloop en hom saggies gevra: 

[4] ”Edele vriend van die mense! Is die held, wat daar voor u loop, nie Maronius van Jerusalem nie? 

[5] As hy dit is, hierdie vriend van Herodus, wat doen hy dan wel hier? 

[6] Sou hy dalk inligting van my gekry het en wil hy my hier opsoek en gevange neem? 

[7] O edele mensevriend, laat my nie langer in hierdie bang onsekerheid nie!” 

[8] Maar Cirénius het Josef se hand gegryp en het eweneens saggies aan hom gesê: 

[9] ”O my beste, verhewe vriend, koester nie die minste vrees vir hierdie persoon wat inderdaad die gewese goewerneur (landvoog) van Jerusalem is nie! 

[10] Want vandag nog sal jy jou daar self van kan oortuig, dat hy verreweg meer rede het om bang vir jou te wees as jy vir hom! 

[11] Want kyk, hy is nou glad nie meer goewerneur (landvoog) van Jerusalem nie, maar hy is nou soos jy hom sien, my reëlregte gevangene en sal sy plek nie weer inneem, voordat hy volledig genees is nie! 

[12] Ek het hom juis vanweë om jou ontwil saamgeneem, want toe ek hom oor die gruweldaad in Palestina verhoor het, 

[13] het hy voorgegee dat hy jou en Maria persoonlik ken! Maar soos dit nou blyk, ken hy nòg jou nòg jou vrou Maria! 

[14] En dit is al baie voortreflike water op ons meule. 

[15] Hy weet egter absoluut nie, dat jy hier is; daarom moet jy jou ook op geen enkele manier verraai nie! 

[16] Want hy verwag hier slegs `n besondere wyse man, wat aan hom sy innerlike gedagtes sal blootlê, 

[17] en dit is niemand anders as jy self nie. Want ek het hom, volgens my verklaring saamgeneem, sodat hy in jou die wyse man sal leer ken en vir sy voordeel leer wat om daarmee te doen. 

[18] Hy is daarom by voorbaat al ontsettend bang vir jou en is, na sy bleek gesig te oordeel, beslis al van mening, dat jy die man sal wees, wat ek uitgekies het! 

[19] Laat hierdie paar woorde jou voorlopig gerusstel; later sal alles vir jou in `n duidelik lig te sien wees!” 

[20] Josef was baie bly om dit van Cirénius te hoor en het heimlik Maria en sy oudste seun daarvan op hoogte gestel, hoe hulle hulself teenoor Maronius moes gedra, sodat daar veral niks van die planne van Cirénius sou verraai word nie. En so dan ook met rustige treë die villa bereik en daar die maaltyd klaargemaak, soos reeds vermeld was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205