Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Maronius se hoë dunk van die Kindjie en Cirénius se tevredenheid oor Maronius

(30 Okt 1843)

56 Cirénius het hom kort na hierdie wonderbaarlike woorde van die Kindjie tot die steeds bleker wordende Maronius gewend en aan hom gesê: 

[2] "Maronius Pilla, wat sê jy van die Kind? Het jy al ooit so-iets gesien of gehoor? 

[3] Is dit nie duidelik meer as ons mite van Zeus, wat op `n eiland aan `n bok sou gedrink het nie?! 

[4] En nie veel meer as die twyfelagtige tradisie van die stigters van Rome wat gesoog word deur `n wolvin nie?! (Romulus en Remus) 

[5] Sê eers, wat dink jy hiervan? Want daarom is jy in my gevolg, sodat jy iets sou hoor, sien en leer, en daaroor teenoor my dus jou oordeel sou gee!” 

[6] Maronius Pilla het homself nou so goed beheers dat hy kon sê: 

[7] ”Hoë bevelhebber oor Asië en Egipte, wat moet ek arme domkop hier sê, waar die grootste ou wysgere sou moes verstom en die wysheid van Apollo en Minerva soos op `n gloeiende aambeeld van die vulkaan jammerlik tot `n allerdunste lagie platgeslaan word?! 

[8] Ek kan hier niks anders sê as: Dit het die gode behaag om uit hulle midde `n allerwyste God op hierdie aarde te plaas; en Egipte, as die oue, deur alle gode begunstigde land, moet ook die vaderland wees van hierdie God van die gode, `n land wat geen sneeu en ys ken nie!” 

[9] En Cirénius het ietwat glimlaggend gesê: ”Jy het tot `n mate nie ongelyk nie; 

[10] maar kyk, alleen daarin skyn dit dat jy jou vergis het, dat jy die Kind `n Kind van alle gode genoem het! 

[11] Want kyk, hier aan albei my sye sit immers die vader en die moeder van die Kind en hulle is mense, soos ons albei dit is! 

[12] Hoe sou daar uit hulle `n godekind kan voortkom?! 

[13] Bowendien sou die hoë bewoners van die Olympus daardeur tog duidelik `n lastige luis in hulle eie pels geplaas het, wat hulle deur Sy enorme oorwig aan wysheid spoedig tot swye sou gebring het. 

[14] Ek versoek jou daarom, om jou beter in te lig, anders loop jy die risiko, dat alle gode jou tegelyk gaan aanpak en jou in lewende lywe voor Minos, Aeacus en Rhadamanthys sal plaas om jou vervolgens aan Tantalus uit te lewer as jy sulke dinge beweer!” 

[15] Hier het Maronius geskrik en hy het na `n rukkie gesê: ”Konsulêre, keiserlike hoogheid! Ek glo dat die oordeel van die drie onderwêreldse regters al byna opgehef is en die gode het, soos dit vir my voorkom, hulle Olimpus ook al behoorlik ontruim! 

[16] As ons maar wyse mense het wat hulle wysheid sekerlik nie uit hulle duim suig nie, dan sou ons baie spoedig kan leer om die raad van ons gode te ontbeer! 

[17] Werklik, die woorde van die Wonderkind staan by my nou al in hoër aansien as drie Olimpusse vol varsgebakte gode!” 

[18] En Cirénius het gesê: ”Maronius, as dit vir jou volle erns is, dan sal alles jou vergewe word; daaroor sal ons egter eers nog menige woorde wissel! Daarom voorlopig verder niks meer nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205