Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef vra na Herodus - Die antwoord van Maronius Pilla - Die lydingskroon en die vreeslike einde van Herodus

(03 Nov 1843)

59 Daarna het Josef aan Maronius gesê: ”Daar ek nou deur die grote barmhartigheid van my God en my Heer ingesien het, dat in u geen boosheid meer heers nie, 

[2] vertel my dan, hoe dit volgens u waarneming met die hart van Herodus gesteld is ten opsigte van die kinders, wat hy vanweë die nuwe koning van die Judeërs vermoor het! 

[3] Het sy hart nie week geword deur die onskuldigste bloed van die kinders en deur die weeklaag van die moeders nie? 

[4] Wat sou hy doen, as hy deur `n nuwe berig sou verneem, dat hy onder die baie vermoorde kinders tog nog nie die regte kind vermoor het nie? 

[5] En wat, as dit hom ter ore sou kom, dat die regte kind in goeie toestand nog êrens in Judea of Palestina sou lewe?” 

[6] Nou het Maronius Josef verbysterd aangekyk en na `n rukkie gespreek: 

[7] ”Waarlik baie wyse man, daarop kan ek u niks anders antwoord as:  

[8] Indien u van u kennis `n slegte gebruik sou wil maak en van Herodus tienduisend pond goud sou verlang waarvoor u aan hom met sekerheid die regte kind sou verraai, 

[9] voorwaar, u sou die enorme bedrag vooruit ontvang het! 

[10] Want goud is vir hierdie tiran niks in vergeleke met sy heerssug nie. 

[11] Omdat hy soveel goud besit dat hy huise van suiwer goud sou kon bou, heg hy daar nouliks waarde aan; maar as hy sy troon vir homself sou kon verseker, dan sou hy al sy goud in die see wil gooi en daarvoor `n wêreld vol mense laat doodslaan! 

[12] Kyk, ook vir my wou hy aanvanklik met goud, diamante, robyne en groot pêrels omkoop, 

[13] maar my egte Romeinse patrisiërsdeugde (patriotiese gevoel) het hierdie ou bloedhond hiervoor streng tereggewys. 

[14] Dit het sy toorn egter nog meer ontbrand en hy het my toe om sogenaamde patriotiese redes met Rome gedreig. 

[15] Ek moes toe wel doen wat hy wou hê; daar was vir my geen uitweg moontlik nie, want hy het my `n selfvervaardigde dokument gegee, waarvolgens hy die hele verantwoordelikheid teenoor Rome op homself geneem het. 

[16] Daarom was ek gedwonge om so te handel soos wat aan u sekerlik bekend is. 

[17] Dat daar dus uit sy hart tot nou toe niks goeds te verwag is nie, daarvan kan u volkome seker wees! 

[18] Ek glo dat ek u, wat so `n wyse man is, nouliks meer hoef te vertel oor hierdie ware koning oor alle furieë (helleveë), en oor hierdie lewende Medusahoof*!” * (Griekse mitologie- `n Vrouekop met slange as hare)  

[19] Josef het gesê: ”Die ewige Een, die ware God seën u vir hierdie getroue woorde! 

[20] Glo my, u sal uself daarvan oortuig: God, die Ewige Regverdige, sal hierdie uitvaagsel van die mensheid nog op hierdie wêreld `n kroon, waarna hy so bloeddorstig verlang, op sy hoof plaas, waaroor baie in die wêreld hulle sal verwonder!”' 

[21] Nou het Die Kindjie Sy hand hoog opgehef en weer baie duidelik gepraat: ”Herodus, Herodus, Ek het geen vloek vir jou nie; maar `n kroon sal jy op hierdie wêreld dra, wat vir jou tot groot kwelling sal word en pynliker sal wees as die las van die goud, wat jy aan Rome moes betaal!” 

[22] Op dieselfde oomblik, waarop die Kindjie dit in Egipte uitgespreek het, is Herodus met luise oordek en sy dienaars het gedurende die res van sy lewe niks anders te doen gehad as om hom te suiwer van die luise nie, wat hulleself steeds vermeerder en ten slotte ook die dood van sy liggaam veroorsaak het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205