Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 62

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius en Josef wedywer in liefde om die heil van `n mensesiel – Josef se woorde oor broeder- en menseliefde - Waarom ons mense twee oë, twee ore, maar net één mond het

(97 Nov 1843)

62 In die aand het Cirénius aan Josef gesê: ”My vriend, my goddelike broer, hoe spyt dit my, dat ek nie vandag by jou kan oornag nie! 

[2] En ek betreur dit, dat ek my môre tot aan die middag aan staatsake moet wy! 

[3] Maar môremiddag rondom drieuur sal ek met Maronius weer na jou toe kom, dan kan jy na my oorsigtelike uitleg hom meer heilig en dieper inwy! 

[4] Want kyk, ek heg daar baie waarde aan dat hierdie mens wat andersins so ryk is aan kennis gered word deur die heilige lewenskool van jou God, wat ek as die enigste ware en lewende beskou!” 

[5] En Josef het gesê: ”Ja, verhewe vriend, dit is reg en billik, want vir die Heer is daar niks aangenamer as dat ons ons vyande met liefde behandel en sorg dra vir hulle tydelike en ewige heil! 

[6] Beskou ons elke sondaar as `n afgedwaalde broer, dan sal God ons ook as Sy afgedwaalde kinders beskou, 

[7] in die teenoorgestelde geval egter slegs as boosaardige skepsele, wat altyd aan Sy oordele onderwerp is en gedood word soos eendagsvlieë. 

[8] Want kyk, daarom het die Heer ons mense twee oë gegee en net één mond om mee te praat, sodat ons met die een oog die mense slegs as mense, en met die ander egter as broeders sal sien! 

[9] Indien die mense ons faal, dan moet ons die broederoog geopend hou en die menseoog sluit; 

[10] indien die broeders egter voor ons faal, dan moet ons die broederoog sluit en die menseoog op onsself rig en op hierdie manier onsself as falende mense teenoor die falende broeder sien. 

[11] Met die een mond egter moet ons almal één God, één Heer en één Vader bely, dan sal Hy ons almal as Sy kinders erken! 

[12] Want ook God het twee oë en één mond; met die een oog sien Hy Sy skepsele - en met die ander Sy kinders. 

[13] Bekyk ons mekaar met die broederoog, dan sien die Vader ons met die Vaderoog aan; 

[14] bekyk ons mekaar egter met die menseoog, dan sien God ons net met die Skepperoog en Sy mond, wat net een mond is, verkondig aan Sy kinders Sy liefde, maar aan die skepsele Sy gereg! 

[15] Dus is dit reg en billik dat ons vir ons broer Maronius sorg!” 

[16] Hierby het Josef Cirénius en Maronius geseën; albei het daarna met hulle gevolg na die stad gegaan en Josef het sy huishoudelike aangeleenthede versorg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205