Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Jakobus en die ‘kindermeisie’ aan die wieg van die Kindjie; Sy nuuskierigheid en sy teregwysing deur die klein Heiland - Die vermoedens van Jakobus (ook Jakob genoem) wie daar in die Kindjie leef

(08 Nov 1843)

63 In die aand het Maria die Kindjie, wat al moeg geword het, in die wieg gelê, wat Josef alreeds in Ostrasine gemaak het. 

[2] En Josef se jongste seun* moes gewoonlik die Kindjie oppas en het ook nou die Kindjie gewieg, sodat Hy sou slaap. *(Jakobus, die eerste skrywer van die boek.)  

[3] Maria het na die kombuis gegaan om `n noodsaaklike aandmaaltyd voor te berei. 

[4] Die seun van Josef, wat die Kindjie gewieg het, sou graag wou hê, dat die Kindjie hierdie keer ietwat gouer aan die slaap raak, omdat hy graag buite met sy broers na die beligting van `n triomfboog sou wou gekyk het, wat intussen nie ver van hulle huis vir Cirénius opgerig was. 

[5] Hy het daarom die Kindjie ywerig gewieg en daarby gesing en gefluit. 

[6] Tog wou die Kindjie maar nie insluimer nie; wanneer hy opgehou het met wieg, het Hy dadelik weer begin beweeg en het die wieger laat weet, dat Hy nog nie geslaap het nie. 

[7] Dit het ons manlike ‘kindermeisie’ byna tot vertwyfeling gebring, want dit het buite suiwer deur brandende fakkels al heeltemal lig geword. 

[8] Hy het daarom besluit om die Kindjie, ook al was Hy nog wakker, vir `n rukkie alleen te laat, om buite `n bietjie na die skouspel te kyk. 

[9] Maar toe ons Jakob effens orent gekom het, het die Kindjie gepraat: ”Jakob, as jy My nou verlaat, dan sal dit met jou sleg gaan! 

[10] Is Ek dan nie meer werd as die dwase vertoning buite en jou ydele nuuskierigheid nie? 

[11] Kyk, alle sterre en alle engele beny jou om hierdie diens, wat jy My nou bewys, en jy is vol ongeduld jeens My en wil My verlaat?! 

[12] Waarlik, as jy dit doen, dan is jy nie werd om My as broer te hê nie! 

[13] Gaan maar na buite, as jy die spektakel van die wêreld liewer het as vir My!. 

[14] Kyk, die hele kamer is vol engele wat bereid is om My te dien, as jy die klein en maklike diens aan My te lastig vind!” 

[15] Hierdie woorde het Jakob plotseling alle lus ontneem om na buite te gaan. 

[16] Hy het by die wieg gebly en die Kindjie om vergewing gevra en Hom weer ywerig verder gewieg. 

[17] En die Kindjie het aan Jakob gesê: ”Alles is jou vergewe, maar laat jou `n volgende keer nie meer deur die wêreld bekoor nie!  

[18] Want Ek is meer as die hele wêreld, alle hemele en alle mense en engele!” 

[19] Hierdie woorde het ons Jakob tot in sy diepste wese geraak, want hy het vaag begin besef, wie daar sekerlik agter die Kind is. 

[20] Toe het Maria en Josef en die ander vier seuns van Josef ook al binnegekom en aan tafel gaan sit; Jakob het hulle dadelik vertel wat hom oorgekom het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205