Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef praat oor die liefde tot God en die liefde tot die wêreld met verwysing na Dawid, Salomo en Cirénius - Die ontroering van Josef se seuns en die seën van die Kindjie Jesus

(09 Nov 1843)

64 Toe Jakob klaar was met sy verhaal, het Josef aan hom gesê: 

[2] 'Ja, so is dit en so was dit ook altyd gewees en so sal dit ook altyd bly; `n mens moet God al in die kleinste dingetjies meer liefhê as al die heerlikhede van die wêreld! 

[3] Want wat het die mens ook aan al die skreiende heerlikhede van die wêreld?! 

[4] Selfs Dawid moes vlug voor sy eie seun en Salomo moes ten slotte op bittere wyse die onbarmhartigheid van die Heer ondervind, omdat hy homself te veel oorgegee het aan die heerlikhede van die wêreld! 

[5] God skenk ons egter elke sekonde `n nuwe lewe; hoe sou ons Hom dan nie in die kleinste dinge meer liefhê as die hele wêreld, wat vergaan en vol is van aas en afval?! 

[6] Ons onder mekaar is immers almal daarvan oortuig, dat hierdie Kindjie van ons van bo is en JaHWeH se Seun heet. 

[7] Hy is dus geen geringe deel van God nie; daarom is dit ook reg, dat ons Hom meer liefhet as die hele wêreld. 

[8] Kyk eers na die heiden Cirénius! Dit is nie vir ons bedoel, wat hy vir ons doen nie, maar vir die Kindjie; want sy hart sê vir hom, dat na sy opvatting `n allerhoogste Goddelike wese in die nouste verhouding staan met hierdie Kindjie van ons, en dis om hierdie rede dat hy Hom dan ook vrees en liefhet. 

[9] Doen `n heiden al so iets, hoeveel te meer moet ons dan dieselfde doen, terwyl ons presies weet vanwaar die Kindjie gekom het en Wie Sy Vader is! 

[10] Daarom moet ons aandag altyd op die Kindjie gerig wees, want die Kind is meer as ons en enigiemand anders! 

[11] Neem julle `n voorbeeld van my en kyk, welke swaar offers ek, `n ou man, al alles gebring het vir hierdie Goddelike kind! 

[12] Maar ek bring dit maklik en met groot liefde, omdat ek God meer liefhet as die hele wêreld. 

[13] Het ons daardeur egter ooit iets verloor? - O nee! Ons het na elke offer nog net vooruit gegaan! 

[14] Dink en handel julle daarom ook so, dan sal julle nooit iets verloor nie, maar altyd alleen maar baie wen! 

[15] Bowendien het die Kind ook in elk geval so `n saggeaarde karakter, dat dit werklik `n vreugde is om by Hom te wees! 

[16] Net uiters selde huil Hy luidkeels! Hy was nog nooit siek gewees nie; en as jy Hom roep, dan kyk Hy so opgewek en vrolik rond en lag almal so hartlik toe, dat jy tot trane toe daardeur geroer word. 

[17] En nou het Hy skielik ook nog wonderbaarlik begin te praat ook en sou jy Hom uit louter liefde plat kan druk! 

[18] Daarom dus, my kinders, dink goed daaroor wie die Kindjie is, en behoed en versorg Hom tog so sorgvuldig as moontlik! 

[19] Want anders sou Hy julle tereg kan straf, as julle Hom as ons hoogste goed minder sou waardeer as al die niksseggende dwaashede van die wêreld!” 

[20] Hierdie woorde het al vyf seuns aan die huil laat gaan; hulle het almal van die tafel af opgestaan en om die wieg van die Kind heen gaan staan. 

[21] Die Kindjie het Sy broers egter baie vriendelik aangekyk en hulle met die woorde geseën: ”O broers, word aan My gelyk, as julle vir ewig gelukkig wil wees!” En die broers het geween en gedurende hierdie aand niks geëet nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205