Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

DIE VERNIETIGING VAN DIE AFGODSTEMPEL IN OSTRASINE

Josef maan om te gaan slaap - Die gebod van die Kindjie om te waak vanweë die koms van `n storm –Josef se twyfel en die losbreek van die orkaan - Die aankoms van die vlugtende Cirénius met sy gevolg

(10 Nov 1843)

65 Die seuns van Josef wou egter nie meer die wieg verlaat nie, want die liefde vir hulle goddelike klein broertjie het hulle te veel aangegryp. 

[2] Aangesien dit egter al taamlik laat geword het, het Josef met sy seuns gepraat: ”Julle het nou voldoende gewys dat julle die Kindjie liefhet. 

[4] Dit is alreeds diep in die nag en môre sal julle weer vroeg die dag sien; daarom kan julle dus nou in die naam van die Heer gaan te rus! 

[5] Die Kindjie slaap alreeds, plaas die wieg versigtig langs die bed van Sy moeder en gaan dan na julle slaapkamer!” 

[6] Josef het dit nog maar nouliks gesê, of die Kindjie het Sy oë oopgemaak en gesê: 

[7] ”Bly julle vannag almal hier en hou die slaapkamers vry vir vreemdelinge, wat vandag nog hier hulle toevlug sal neem! 

[8] Want weldra sal `n verskriklike storm opsteek, soos in hierdie omgewing nog nooit voorgekom het nie. 

[9] Maar niemand van julle hoef bang te wees nie, want daar sal van niemand `n haar van sy hoof gekrom word nie! 

[10] Plaas daarom ook geen slot op die deure nie, sodat die vlugtelinge hulself in hierdie huis in veiligheid kan red!” 

[11] Josef het geskrik oor hierdie voorspelling en dadelik haastig na buite gegaan om te sien waarvandaan die onweer sou kom. 

[12] Toe hy buite was, sien hy nêrens `n wolkie nie; die lug was helder en daar was ook geen sagte windjie nie. 

[13] `n Doodse stilte het homself oor die hele omgewing uitgebrei en van `n naderende storm was totaal geen sprake nie. 

[14] Josef het daarom weldra weer teruggekom, God geloof en gesê: 

[15] 'Die Kind het miskien gedroom, want van `n storm is nêrens sprake nie! 

[16] Die hemel is na alle kante helder en daar is geen sagte windjie nie; waar sou `n storm dan vandaan moes kom?” 

[17] Josef het hierdie woorde nog maar nouliks uitgespreek, of daar was opeens `n knal soos van duisend donderslae; die aarde het so geweldig gebewe, dat in die stad verskeie huise en tempels ineengestort het. 

[18] Onmiddellik daarna het so `n heftige orkaan begin woed, dat dit die nabygeleë see meters hoog die stad ingejaag het; en al die volk, wat deur die enorme aardskok gewek was, het na buite gehardloop, die stad uit, na hoërliggende plekke. 

[19] Ook Cirénius met Maronius en sy hele gevolg het weldra in alleryl die huis van Josef binnegevlug gekom en het hom inderhaas vertel van die huiweringswekkende tonele, wat deur die aardbewing en die storm veroorsaak is. 

[20] Josef het Cirénius egter gerusgestel deur hom dadelik mee te deel wat die Kindjie vroeër gesê het. Toe het Cirénius meer vrylik begin asemhaal en kalm geword en die woede van die storm het hom nie meer verskrik nie, want hy het veilig geborge gevoel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205