Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se versoek om versagting - Die woede van Cirénius aan die drie ter dood veroordeelde priesters - Die smekinge van die veroordeeldes om barmhartigheid

(16 Nov 1843)

70 Josef het nou nader aan Cirénius getree en hom gevra: ”Geagte, liewe vriend, is dit jou volkome erns om hierdie drie afgodsdienaars te dood?” 

[2] En Cirénius, vol woede teenoor hierdie drie hoogs gevoellose menslike tiers, het aan Josef gesê: 

[3] ”Ja, my verhewe vriend! Ek wil hier `n voorbeeld stel, waaraan die volk moet sien, dat ek niks so onverbiddelik straf as totale liefdeloosheid nie! 

[4] Want `n mens sonder liefde en sonder enige gevoel van medelye is die grootste kwaad op aarde. 

[5] Alle verskeurende diere is lammers in vergelyking met hom en die furiës (helleveë) van die hel kan vergeleke met hulle nouliks slegte leerlinge genoem word. 

[6] Daarom ag ek dit ten eerste as die hoogste plig van `n ware regent (heerser) van die volkere om sulke monsters uit te roei en volledig van die aarde te verdelg. 

[7] Priesters moet die volk immers in die besonder in liefde onderrig; hulle moet aan elkeen `n goeie voorbeeld stel! 

[8] As hierdie vernaamste leraars en leiers van die volk dan furieë (helleveë) word, wat moet hulle leerlinge dan wel word? 

[9] Weg daarom met hierdie gediertes! Ek dink nou alleen nog na oor die mees pynlike manier van doodmaak; vind ek dit, dan sal die straf dadelik oor hulle voltrek word!” 

[10] Josef het dit nouliks gewaag om iets meer aan Cirénius te sê, want hy het hierdie woorde met groot erns gespreek. 

[11] Na `n rukkie het die drie priesters voor Cirénius neergeval; en hom om barmhartigheid gesmeek met die versekering, dat hulle hul lewe sekerlik sou verander en dat hulle ook bereid was om onmiddellik hulle priestersamp neer te lê. 

[12] Vir die verkryging van barmhartigheid het hulle hulself op die priesterlike wet beroep, wat hulle daartoe sou gebring het om so en nie anders kon handel nie. 

[13] Maar Cirénius het gesê: ”Dink julle booswigte dan, dat ek die wette van die priesters nie ken nie? 

[14] Luister, die spesiale offerwet lui so: ”Indien enige volk duidelik ontrou aan die gode geword het deur hulle losbandigheid en die gode die volk dan besoek met oorlog, hongersnood en pes, dan moet die priesters die volk tot verbetering aanspoor. 

[15] Luister die volk daarvolgens, dan moet die priesters hulle weer seën en die volk verplig om ter versoening van die gode bepaalde offers aan goud, vee en graan na die priesters te bring, wat hierdie offers dan moet wy en daar `n reukwerk van moet maak. 

[16] Sou daar egter so `n hardnekkige, onbekeerbare volk bestaan, wat die spot dryf met die priesters, dan moet die priesters die spotters met hulle kinders laat gryp en hulle sewe maande lank in onderaardse vertrekke met die tugroede onderrig! 

[17] Bekeer die boosdoeners hulle, dan moet hulle weer op vrye voete gestel word; bekeer hulle hulle egter nie, dan moet hulle deur die swaard omgebring word - en eers dan as soenoffer aan die gode verbrand word!” 

[18] Lui die ou wyse offerwet nie so nie?! Was hier oorlog, hongersnood of pes? Was hierdie pragtige jeug ontrou aan die gode? Het julle hulle vantevore sewe maande lank onderrig? - Nee, maar uit eersug en geilheid wil julle hulle doodmaak! En daarom moet julle sterwe as die grootste misdadigers van julle eie wettel!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205