Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 72

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Maria se twyfel aan die almag van die Kindjie – Josef se gerusstellende verhaal - Waarom die magtige leeu van Juda vir Herodus vlug - Die saligheid van die vermoorde kindertjies - Volwassenheid van Maronius Pilla

(18 Nov 1843)

72 Toe Cirénius met Josef en Maronius Pilla weer nader aan die villa gekom het, het Maria met die Kind op die arm die drie baie angstig tegemoet gegaan en dadelik aan Josef gevra: 

[2] ”My Josef, my geliefde man! O, sê my, wat daar met die jeug gebeur het! 

[3] Want as hier by sulke natuurgeweld wat beslis baie dikwels voorkom, altyd sulke offers gebring word , dan is ons immers ook nie veilig met ons Kind nie! 

[4] Hoewel Hy ook `n groot mag het, moes ons tog voor Herodus uit Palestina vlug, 

[5] waaruit ek dan ook aflei dat in `n bepaalde geval die Kind nog te min mag het! Daarom is dit ons plig om Hom aan alle groot gevare te onttrek!” 

[6] En Josef het met Maria gepraat: ”My liewe vrou, wat God die Heer Self aan my toevertrou het, wees nie bang daaroor nie! 

[7] Want kyk, daar is geen haar gekrom van die jeug wat vir die smadelikste soenoffer bestem was nie! 

[8] Ons goeie Cirénius het hulle dadelik hul vryheid gegee en in hulle plek die drie priesters, wat gister hier was en van Cirénius toestemming verlang het vir die slagting van die jeug, veroordeel tot die allerpynlikste dood aan gloeiende kruise! 

[9] Maar - onder ons gesê - alleen maar vir die skyn! Môre in die vroeë oggend sal hulle, in plaas van die voltrekking van die doodvonnis, begenadiging ontvang! 

[10] En dit sal sekerlik `n goeie les vir hulle wees waardeur hulle wyser sal word en op grond waarvan hulle soortgelyke soenoffers voortaan beslis nie meer sal voorstel nie! 

[11] Wees jy, my liewe vrou, daarom volkome onbesorg en dink: Die Heer, wat ons tot nou toe so veilig gelei het, sal ons ook in die toekoms nie aan die mag van die heidene uitlewer nie!” 

[12] Maria is deur hierdie woorde van Josef heeltemal gerusgestel en haar gesig het weer opgehelder. 

[13] En die Kindjie het vir Sy moeder geglimlag en vir haar gesê: 

[14] “Maria, as iemand `n leeu so sou getem het, dat hy hom soos `n gewillige lasdier sou ronddra, 

[15] dink jy dan dat dit prysenswaardig sou word om op die magtige rug van die leeu bang te wees vir die vlugtende haas?” 

[16 Maria was verbaas oor die diepe wysheid van hierdie woorde, maar sy het dit nie verstaan nie. 

[17] Die Kindjie het daarom weer eens tot Maria gespreek en wel met `n baie ernstige gesig: 

[18] ”Ek is die magtige leeu van Juda, wat jou op Sy rug dra; hoe kan jy dan bang wees vir hulle wat Ek met `n asemtog soos kaf kan wegblaas?! 

[19] Dink jy dan, dat Ek vir Herodus gevlug het om My te beveilig teen sy woede? 

[20] O nee! Ek het alleen gevlug om hom te spaar, want sou My aangesig hom gesien het, dan sou dit vir ewig met hom klaar gewees het! - 

[21] Kyk, die kindertjies wat om My onthalwe omgebring is, is reeds uiters gelukkig in My ryk - en is daagliks om My heen en loof en prys My en erken in My al volkome hulle Heer vir ewig! 

[22] Kyk, Maria, so staan sake! Daarom moet jy wel gedurigdeur oor My swyg, soos jy gebied het; maar vir jouself moet jy egter wel weet, wie Hy is wat jy 'JaHWeH se Seun' moet noem en Hom ook so genoem het!” 

[23] Hierdie woorde het Maria baie diep aangegryp, want nou eers het sy heeltemal verstaan dat sy die Heer op haar arms gedra het. 

[24] Maar ook Maronius, wat homself agter Maria bevind het, het die woorde van die Kind gehoor en hy het voor die Kindjie neergeval. 

[25] Toe eers het Cirénius Maria ontdek, want tot nou toe was hy met een van sy sekretarisse, wat hom begelei het, in gesprek. 

[26] Hy het vinnig daarvandaan na die Kind geloop, Hom gegroet en geliefkoos en die Kindjie het dieselfde gedoen en gesê: ”Cirénius, laat Maronius opstaan, - want hy is nou reeds bearbei, nou mag hy My erken! - Verstaan jy wat Ek daarmee wil sê?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205