Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 73

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius se verordening: Die uitstel van militêre oefeninge - Die vertrek na die stad en die voorwaardes van die Kindjie Jesus ten gunste van die drie terdoodveroordeeldes

(20 Nov 1843)

73 Toe die hele geselskap nou by die huis aangekom het, het Cirénius dadelik sy adjudant na die owerste van die stad gestuur om hom te laat verstaan, dat sowel op hierdie dag as op die volgende dag geen parades en geen marse gehou mag word nie. 

[2] Want dit was by die Romeine by buitengewone geleenthede gebruiklik, dat by bepaalde verskynsels - soos byvoorbeeld `n sons- of maansverduistering en hewige onweer, 

[3] vurige meteoriete, komete, die plotselinge optrede van `n waansinnige, aanvalle van die sogenaamde epilepsie 

[4] en ook dae waarop buitengewone doodsvonnisse voltrek is - dat die sedes van die Romeine nie toegelaat het dat tegelykertyd ander staatsake onderneem word nie. 

[5] Want alle soortgelyke dae het vir die andersins opregte Romeine as ongeluksdae of besondere dae van die gode gegeld, wat die mense moes wy en nie vir hulle eie sake moes gebruik nie. 

[6] Alhoewel Cirénius nie juis veel van hierdie niksseggende gewoontes gedink het nie, moes hy hulle ewenwel tog nakom vanweë die volk, wat nog aan sulke dwaashede vasgehou het. 

[7] Toe die adjudant weer vertrek het, het Cirénius met Josef gepraat: ”Edele broer en vriend! Laat nou `n ontbyt klaarmaak! Na die ontbyt sal ons almal saam die stad ingaan om daar die verwoesting as gevolg van die storm in oënskou te neem. 

[8] Ons sal daarby beslis talle arm burgers van hierdie streek aantref wat swaar getref is en ons sal hulle ook op elke moontlike wyse help. 

[9] Daarna sal ons die hawe besigtig om te sien hoe dit daar met die skepe gaan, en of en hoe hulle beskadig is. 

[10] Daar sal dan beslis baie werk te doen wees vir jou seuns, wat ek dadelik tot hoofopsigters sal benoem, omdat dit in elk geval juis in hierdie stad al aan boukundiges ontbreek. 

[11] Want Egipte is nou in argitektoniese opsig geensins meer wat dit eens duisend jaar gelede was ten tye van die ou Farao's nie.” 

[12] Josef het dadelik aan Cirénius se wens voldoen. Hy het `n eenvoudige (matige) ontbyt laat voorberei, bestaande uit brood, heuning en melk en sommige vrugte. 

[13] Na die maaltyd het Cirénius en alle tafelgenote opgestaan en wou dadelik volgens sy plan na die stad vertrek; 

[14] maar die Kindjie het Cirénius na Hom toe geroep en aan hom gesê: ”My Cirénius, jy vertrek na die stad om die noodlydende burgers enigsins te help, en jou grootste wens is, dat Ek by jou is! 

[15] Ja, Ek wil ook met jou saamgaan, maar jy moet na My luister en My raad volg! 

[16] Kyk, die grootste noodlydendes is wel die drie, wat deur jou tot vier-en-twintig uur doodsangs veroordeel is! 

[17] Wees egter daarop bedag, dat Ek hoegenaamd geen vreugde skep in die groot leed van ellendiges nie; daarom gaan ons eers na hulle toe en help hierdie allerongelukkigstes! Eers daarna sal ons die minder ongelukkiges in die stad en in die seehawe besoek! 

[18] As jy dit doen, dan sal Ek met jou saamgaan; doen jy dit egter nie, dan bly Ek tuis! Want sien jy, Ek is ook `n Heer op My manier en kan doen wat Ek wil, sonder om My aan jou te steur! Volg jy My raad egter, dan sal Ek wel by jou bly!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205