Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius in tweestryd - Die raad van die Kindjie - Maronius as kenner van die Romeinse reg - Begenadiging van die drie priesters op die plek van teregstelling, hulle dood deur vreugde en hulle opwekking deur die Kindjie

(21 Nov 1843)

74 Toe Cirénius dit van die klein wiegredenaar, soos hy Hom dikwels genoem het en wat vir hom bo alles was, het hy verbaas gehuiwer en nie mooi geweet wat hy nou eintlik moet doen nie. 

[2] Want aan die een kant het hy homself ten opsigte van die volk as `n wankelmoedige veldheer en opperstadgoewerneur in groot gevaar gesien om baie aansien te verloor, 

[3] andersins het hy ewenwel teveel respek vir die beproefde mag van die Kind gehad. 

[4] Hy het `n tyd lank gewik en geweeg en na `n rukkie asof met homself gepraat: 

[5] ”O Skilla, o Charibdis*, o mite van Hercules by die tweesprong! 

[6] Hier staan die held tussen twee afgronde; ontwyk hy die een, dan stort hy onvermydelik in die ander! * (”Gevaarlike rots, spelonk in die Straat van Messina, teenoor die draaikolk van Charibdis, wat net ‘`n nou engte gelaat het vir skepe om deur te vaar.” 

[HAT, perskor, 1994, bl. 898]. Die skippers wat aan Skilla ontkom het, het meestal skipbreuk by Charibdis gely - of omgekeerd. (Skilla – mitologiese seenimf- of meermin)  

[7] Wat moet ek nou doen? Waarheen my wend? Moet ek vir die eerste maal wankelmoedig voor die volk verskyn en die wil van hierdie magtige Kind doen? 

[8] Of sal ek handel na my tog baie milde besluit?”  

[9] Nou het die Kindjie Cirénius weer na Hom toe geroep en glimlaggend gesê: ”My liewe vriend, roer leë eiers en leë neute deurmekaar! 

[10] Wat stel Skilla en Charibdis en wat die held Hercules voor vergeleke met My?! Volg My en jy sal met al hierdie nietighede niks te make kry nie!” 

[11] En Cirénius het herstel van sy wankelmoedigheid en aan die Kind gesê: 

[12] ”Ja, Jy my lewe, my kleine Sokrates, Plato en Aristoteles in die wieg, Jou sal ek tevrede stel, kom wat wil kom! 

[13] Laat ons dus na die plek van teregstelling gaan en daar ons vonnis onmiddellik in grasie verander!” 

[14] Nou het ook Maronius na Cirénius gekom en baie saggies aan hom gesê: 

[15] ”Keiserlike, konsulêre hoogheid! Ek stem heeltemal saam met die raad van die Kind, want dit het my so pas te bygeval, dat die doodstraf in priesterlike aangeleenthede nooit sonder toestemming van die Pontifex Maximus** in Rome aan priesters opgelê mag word nie, **(letterlik: 'groot brugbouer', titel van die opperpriester by die Romeine in Rome, later titel van die pous.)  

[16] behalwe as hulle oproermakers teen die staat sou wees, wat hulle hier egter nie is nie, maar alleen blinde yweraars vir hulle eie saak. 

[17] Daarom vind ek die raad van die Kind baie goed; u kan dus alleenlik net daarby baat om dit te volg, maar dit kan u nooit skade doen nie!” 

[18] Cirénius was verheug oor hierdie opmerking van Maronius en hy het daarom dadelik op pad met die hele geselskap begeef. 

[19] Op die plek van teregstelling aangekom, het tref hy die drie priesters al byna leweloos aangetref - uit groot angs vir die ergste marteldood. 

[20] Net een van hulle het nog soveel teenwoordigheid van gees gehad dat hy homself met die grootste inspanning voor Cirénius opgerig en hom om `n genadiger wyse van sterwe gesmeek het. 

[21] Maar Cirénius het aan hom, asook aan die ander twee gesê: ”Kyk na die Kind wat hierdie moeder op haar arms dra! Hy gee julle die lewe terug en dus gee ek dit julle ook en herroep my vonnis! 

[22] Staan dus weer op en gaan in vryheid! En julle bewakers, regters, voorlesers en beulsknegte, gaan en neem alles weg! Fiat!” 

[23] Hierdie barmhartige uitspraak het die drie priesters hul lewe ontneem; maar die Kindjie het Sy hand oor die drie uitgestrek en hulle is weer tot lewe gewek en het dadelik baie opgewek hulle klein Lewensredder gevolg.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205