Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 75

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die besigtiging van die stad na die storm - Die goeie uitwerking van die orkaan - Die dwase plan van Cirénius om sy swaard weg te gooi - Die wyse woorde van die Kindjie oor die swaard en herderstaf

(22 Nov 1843)

75 Die hele geselskap het vinnig die plek van teregstelling verlaat en na die stad gestap, gevolg deur die drie begenadigde priesters. 

[2] Toe die geselskap op die groot plein in die stad aangekom het - en wel voor die geweldige puinhoop van die groot tempel en van die hele paleis van die priesters wat nog groter was, 

[3] het Cirénius sy hande ten hemel saamgeslaan en met luide stem gesê : 

[4] “Hoe anders sien dit hier daar uit! Ja, net die mag van `n God kan dit bewerkstellig! 

[5] Daar is nie veel tyd voor nodig nie; slegs `n wenk van die Almagtige is voldoende om die hele aardbol in stof te verander! 

[6] O mense, wil julle veg teen Hom, wat die elemente gebied wat Hom gehoorsaam op Sy wenk?! 

[7] Wil julle regter wees, waar die almag van God gebied en heers, waar `n sagte wenk van die ewige Heerser julle vernietig?! 

[8] Nee, nee! ek is `n dwaas, dat ek my swaard nog omgord hou asof ek mag sou hê! 

[9] Weg met jou, jy ellendig werktuig! Daar op die puinhoop is die beste plek vir jou! My egte swaard moet Jy wees, Jy, wat deur Jou moeder op haar arms gedra word!” 

[10] Hierop het Cirénius onverwags sy swaard met die eregordel losgemaak en wou dit met alle geweld op die puinhoop slinger. 

[11] Maar die Kindjie, wat Hom langs Cirénius op Maria se arms bevind het, het aan hom gesê: 

[12] ”Cirénius! Doen nie, wat jy van plan is om te doen nie! Want werklik, wie die swaard op jou manier dra, dra dit tereg! 

[13] Wie die swaard gebruik as wapen, moet dit van hom af wegwerp; 

[14] maar wie dit as `n herderstaf gebruik, moet dit behou! Want dit is die wil van Hom, wat hemel en aarde ewig moet gehoorsaam! 

[15] Jy is `n herder vir hulle, wat in die boek van jou swaard geskryf is; 

[16] omgord jou daarom maar weer met die regmatige eerbewys, sodat jou volk kan sien, dat jy vir hulle `n herder is! 

[17] Indien jou kudde suiwer uit lammers sou bestaan het, dan sou jy geen staf nodig hê nie! 

[18] Maar daar is baie bokke onder hulle; daarom sou Ek jou daar liewer nog `n staf wil by gee, as om jou die een te ontneem! 

[19] Dit is waar: buite God is daar geen mag nie, maar as God jou mag verleen, dan moet jy dit nie van jou af daarheen weggooi wat JaHWeH se vloek geoordeel het nie!” 

[20] Hierdie woorde het dat Cirénius dadelik sover gebring om sy swaard te omgord, terwyl hy die Kindjie voortdurend in stilte aanbid het. 

[21] Die drie priesters was egter vol ontsag oor die wysheid van hierdie Kindjie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205