Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die geringe skade in die hawe - Die terugkeer na die huis - Maria in die drastoel - Die opsetlike omweg na die huis

(28 Nov 1843)

79 By die oewer van die see aangekom, waar die hawe vir die skepe deels deur die natuur en deels deur die kundigheid van die mense gebou was, het Cirénius homself ewe-eens nie weinig verwonder nie. 

[2] Want daar was nêrens skade te ontdek nie, behalwe dan dat alle sogenaamde mitologiese versierings aan die pragtige skip van Cirénius grotendeels vernietig was. 

[3] Cirénius het daarom aan Josef gesê: “My baie agtenswaardige vriend, onder die heersende omstandighede sal jou seuns weinig te doen kry! 

[4] Kyk, nie één vaartuig het ook maar enige skade gely nie, behalwe dat juis op my skip, en vir my is dit baie welkom, die afgodsbeelde het waarskynlik die seewater te proe gekry het, 

[5] wat vir my egter baie welkom is, want ek sal sekerlik nêrens nuwes op my skip laat aanbring nie! 

[6] Jou God kry daarvoor alle lof en alle eer! 

[7] Jou seuns sal ek desondanks vir moontlike kleiner herstelwerk gebruik, wat hier en daar op die skepe noodsaaklik mag blyk en hulle beloon asof hulle iets groots gedoen het!” 

[8] Maar Josef het aan Cirénius gesê: “O vriend en broer, maak jou nie te veel besorg oor die verdienste van my kinders nie! 

[9] Kyk, nie vanweë die verdienste nie, maar om jou `n goeie diens te kan bewys, sou ek jou graag met my seuns in boukundige opsig te hulp kom; die Heer het jou egter gehelp en so is dit beter, jy kan my hulp nou taamlik ontbeer. 

[10] Ons het nou alreeds alles gesien; daarom dink ek, daar dit ondertussen al taamlik laat in die middag geword het, dat ons nou weer na die huis toe moet gaan en wat dan dalk nog oor is, môre in oënskou neem!' 

[11] En Cirénius het gesê: “Die mening is ek ook toegedaan, want ek het is buitengewoon jammer vir die arme moeders. Daarom moet ons probeer om so gou moontlik tuis te kom! 

[12] Ek sal dadelik `n draagstoel vir haar laat haal, sodat sy saam met die Kindjie na die huis gedra word!” 

[13] En die Kindjie het Homself dadelik agter Cirénius laat hoor en aan hom gesê: 

[14] “Doen dit beslis, want hierdie moeder is al baie moeg, want sy het aan My `n swaar las om te dra. 

[15] Om pad huis toe, mag jy nie - soos jy van plan was - die pad via die bekende priesterplein neem nie! 

[16] Want as Ek daar, waar nou al byna honderd mense wat uitgegrawe is, op die matte lê, met My moeder langs gedra word, 

[17] dan sou hulle almal plotseling lewendig word. Dit sou vir jou en die hele volk tot `n oordeel wees, wat vir elkeen baie sleg sou bekom! 

[18] Dus sal hulle gedurende die nag deur menslike hulp onder My geheime inwerking opgewek word! 

[19] Daardeur word die skyn van die wonderbaarlike vermy, en jy en die hele volk bly van `n ewigdodende oordeel vir die gees gespaar!” 

[20] Cirénius het hierdie raad noukeurig gevolg, terwyl hy in sy hart diep verheug was; die draagstoel is onmiddellik gebring en Maria met die Kindjie daarin gaan sit. 

[21] En Cirénius het `n ander pad bepaal, waarlangs die hele geselskap, die drie priesters ingereken, vinnig geloop en heel gemaklik die villa van Josef bereik het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205