Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

GOEIE LESSE IN JOSEF SE HUIS

Josef se huislike vaderlike voorsorg - Die vreugde van die Kindjie oor Jakob - Wie Ek liefhet, die pla en knyp Ek ook en trek aan hom –Jakob se gelukkige en benydenswaardige opdrag

(8 Nov 1843)

80 Weer in die villa aangekom, het Josef homself dadelik na sy seuns begeef, wat op daardie tydstip met die bereiding van `n middagmaal besig was, en hy het aan hulle gesê: 

[2] “Goed, goed, my seuns; julle het aan my wens voldoen; maar vandag het ons drie ekstra gaste, naamlik die drie priesters wat vanoggend vrygestel is van die doodstraf! 

[3] Hulle sal ons besonder goed onthaal, sodat hulle ons vriende word in die erkenning van ons Vader in die hemel, 

[4] wat ons tot Sy kinders verkies het deur die verbond, wat Hy met ons voorvaders gesluit het! Jakob, gaan dadelik na buite, die baie vermoeide moeder tegemoet en neem ons allerliefste Kindjie van haar oor, 

[6] en lê Hom dadelik ter ruste, want Hy is ook sigbaar moeg is en verlang na Sy wieg!” 

[7] Dadelik het Jakob na buite gegaan en Maria tegemoetgeloop, wat juis uit die draagstoel geklim het en het dadelik met groot liefde en vreugde die Kindjie uit haar arms geneem. 

[8] Die Kindjie het egter net so `n groot vreugde aan Jakob bewys, want Hy spartel op sy arms en gehuppel en geglimlag en hom geknyp en aan hom getrek waar Hy hom met sy handjies maar in die hande kon kry. 

[9] Die drie priesters, wat vir die grootste respek hierdie Kind het, het hulle in alle vreugde verwonder, omdat hulle aan hierdie Kind ook iets eg kinderlik ontdek het.  

[10] Een van hulle het na Jakob toe gegaan en hom in goeie Hebreeus gevra: 

[11] “Sê my, is hierdie Wonderkind altyd so opgewek, ja `n mens sou selfs kan sê `n bietjie ondeund en tergend, soos gewone kinders dit soms eers op twee- of driejarige leeftyd is?” 

[12] Die Kindjie het dadelik self in plaas van Jakob geantwoord: 

[13] “Ja, ja, My vriend: Wie Ek liefhet, die terg Ek ook en Ek knyp en trek aan hulle; maar dit doen Ek alleen aan diegene, wat My soos My Jakob liefhet - en Ek sal hulle ook so liefhê soos My Jakob hier. 

[14] Maar Ek doen hulle daarom tog geen pyn aan nie! – Nie waar nie, My liewe Jakob, Ek doen jou geen pyn aan as Ek jou so aan jou trek en knyp nie?' 

[15] En Jakob, soos gewoonlik dadelik tot trane geroer, het gesê: “O Jy, My Goddelike allerliefste Broertjie! Hoe sou Jy my kon seermaak?!” 

[16] En Die Kindjie het daarop geantwoord: “Jakob, My broer, jy het My werklik lief! 

[17] Maar Ek het jou ook so lief, dat jy in ewigheid dit nie genoeg sal kan verstaan, hoe lief Ek jou het nie! 

[18] Kyk, My liewe broer Jakob, die hemele is wyd en eindeloos groot; hulle bevat tallose stralende ligwêrelde, soos die aarde `n doudruppel; 

[19] en die wêrelde is draers van tallose oorgelukkige wesens soos jy; maar onder hulle is niemand gelukkiger as jy nie, nou My liefste broer! Nou verstaan jy My nog nie, maar mettertyd sal jy My nog baie goed verstaan! Ek wil nou nie slaap as die mense rondom My nog wakker is nie! Maar by jou wil Ek bly!” 

[20] Hierdie woorde het weer opnuut ons Jakob se hart gebreek, sodat hy daarom gehuil het van blydskap en liefde; die priester wat die vraag gestel het, is oorweldig deur eerbied en hoogagting vir hierdie Kind.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205