Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die vraag van Cirénius aan Josef en sy antwoord oor die oplig van die sluier van Isis - Die korrekte verklaring van Maronius - Die maaltyd - Die ontsag van die drie priesters

(01 Nov 1843)

82 Nou het Josef uit die villa na buite gekom en die geselskap na die reeds voorbereide maaltyd uitgenooi. 

[2] Maar Cirénius, vol grootse gedagtes wat deur sy hoof gegaan het, het Josef na hom toe geroep en hom vertel, wat die Kindjie en Maria aan wie hy ten slotte vrae gestel het, aan hom gesê het 

[3] en hy het daarom die goeie Josef gevra, hoe hy sulke woorde moes verstaan. 

[4] Josef het die ietwat te opgewonde Cirénius met die volgende woorde geantwoord: 

[5] “O vriend en broer, is die mite aan jou onbekend, wat melding maak van `n mens, wat ooit die sluier van Isis wou oplig?” 

[6] En Cirénius, baie verbaas oor hierdie onverwagte vraag, het gesê: 

[7] “Verhewe vriend, die mite ken ek wel; die mens het jammerlik ten gronde gegaan! Maar wat wil jy my daarmee nou sê as antwoord op my vraag?” 

[8] En Josef het Cirénius geantwoord: “Liewe vriend, niks anders as: Hier is meer as Isis! 

[9] Volg daarom die raad van my vrou en dit sal ewig met jou goed gaan!” 

[10] Maronius Pilla het ook daarby gestaan en hy het na aanleiding hiervan gesê: 

[11] “Konsulêre keiserlike hoogheid! Ek het seker in dergelike sake nog min kennis, maar hierdie keer kom dit vir my voor asof ek die wyse noukeurig verstaan het!” 

[12] En Cirénius het hom geantwoord: Dis goed vir jou (Proficiat), as jy in jouself daarvan oortuig is; 

[13] Ek kan my voorlopig nog nie daarop beroem nie! 

[14 My verstand is andersins weliswaar ook nie dom nie, maar hierdie keer laat my verstand my tog in die steek!” ' 

[15] En Maronius het gesê: “Ek sien die saak soos volg: Reik nie na onbereikbare dinge nie, want daarvoor is jou hand te kort! 

[16] Dit sou weliswaar wel baie eerbaar wees om `n gelukkige Faëton (Gr.: Phaeton)* te wees; * (vierwielige voertuig);  

[17] maar wat kan die swak sterfling daaraan doen as die son te hoog bo hom sy weg gebaan het?! 

[18] Hy moet homself maar net met sy lig tevrede stel en daarby die eer en die mag wat die son te lei, gewillig oorlaat aan daardie wesens wat beslis langer arms het as hy, die swak sterfling! 

[19] Hoe lank die onsigbare arm van hierdie Kind egter is, daarvan het ons ons gister oortuig! 

[20] Kyk, konsulêre, keiserlike hoogheid! Het ek nie die essensie verstaan van die woorde wat hierdie wyse man gespreek het nie?!” 

[21] En Cirénius het Maronius gelykgegee, sy hart tot bedaring gebring en homself welmoedig met Josef in die villa begeef en hom deur die eenvoudige maaltyd versterk. 

[22] Die drie priesters het egter nouliks gewaag om op te kyk, want hulle het gedink dat die Kind Zeus of selfs die Fatum self was!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205