Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Josef se aanwysing om op God te vertrou en voorspelling oor die einde van Ostrasine

(04 Des 1843)

85 En Cirénius het verder gepraat: “O vriend, werklik, hier is goeie raad duur! 

[2] Het jy daar in die lewende kamer van jou goddelike wysheid raad daarvoor, gee dit dan vir my! 

[3] Want waarlik, hoe meer ek nou oor hierdie saak nadink, hoe meer kritiek en ingewikkelder word dit!” 

[4] En Josef het daarop aan Cirénius gesê: ”Luister, edele vriend! Jy kan baie maklik uit hierdie verleentheid gehelp word! 

[5] Ek sal jou `n goeie raad daarvoor gee, dit sal aan jou toon wat in hierdie aangeleentheid die regte ding is om te doen. 

[6] Kyk, jy dra nou in jou hart dieselfde lewende geloof as ek en bemin en eer net soos ek die enigste ware God! 

[7] Maar ek sê vir jou: solank jy jou bekommer, solank sal God niks vir jou doen nie! (Matthéüs. 6:25; Lukas. 12:22.)  

[8] Na gelang jy al jou sorge op Hom lê en jou oor niks anders bekommer en net daarvoor sorg dra om juis hierdie ware God steeds meer te erken en steeds meer lief te hê, 

[9] sal Hy jou in alles help. En alles wat vir jou nou vandag nog krom lyk, sal môre reguit voor jou staan! 

[10] Laat hierdie stad dus alleenlik daar van die puin reinig, waar daar moontlik nog mense daaronder begrawe sou kon wees - wat dan ook nou gebeur. 

[11] Laat alle ander tempels, waar daar onder die puin hoogstens nog sommige plomp, waardelose, vernielde afgodsbeelde is, maar as ruïnes bly lê! 

[12] Want as die elemente iets verwoes, beteken dit vir die blinde volk dieselfde as wanneer die gode dit verwoes het. 

[13] Dit sal daarom ook glad nie die moeite werd wees om hierdie tempels selfs weer op te bou nie, 

[14] want hulle is bang om hulself `n groot straf op die hals te haal, om teen die wil van die gode te handel. 

[15] Daar is geen priesters meer oor, wat op `n versinde bevel van die kant van die gode deur die hande en middele van die volk dit vir hul; beswil sou onderneem nie, 

[16] as daar nog was, sal hulle nooit meer tempels vir afgode bou nie! 

[17] Jy kan dus geheel en al sonder sorge daaroor wees; die Heer van hemel en aarde sal vir jou en vir die hele volk die beste doen! 

[18] In hierdie tyd sal in elk geval `n soortgelyke lot verskeie stede tref, naamlik dat hulle hier en daar in puin gelê sal word; dus sal dit weinig opval as hierdie ou stad binne tien jaar `n ruïne is!” 

[19] Hierdie woorde van Josef het Cirénius getroos en hy het weer heeltemal welmoedig met Josef in die woning teruggekeer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205