Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Cirénius gaan met sy dienare terug na die huis in Ostrasine - Maria in gebed – Josef se troostende woorde

(05 Des 1843)

86 Teruggekeer in die eetkamer, het Cirénius aan Josef gesê: ”My dierbare vriend, wat vir my alles is, daar het my nou net `n goeie gedagte te binne geskiet! 

[2] Wat dink jy, sou dit in die saak waaroor ons buite gepraat het en waaroor jy my wel die beste en in die mees troosvolle woorde gesê het, wat nie bevorderlik is vir die volkome rus van my gemoed nie, 

[3] as ek die drie priesters wat ook aanwesig is, na hulle mening sou vra?” 

[4] En Josef het gesê: “As my woorde jou nog nie tevrede gestel het nie, jy is hier heer en meester en kan doen, wat jy tot jou gerusstelling wens, 

[5] alhoewel ek van mening is, dat hier met hierdie priesters bepaald nie juis veel te praat sal wees nie, solank hulle my vir Uranus of Saturnus hou en die Kindjie vir Zeus, wat homself verjong het! 

[6] As jy dus vrae aan hulle sal stel oor dit, waar dit vir jou om gaan, dan sal hulle jou stellig na my en na die Kindjie verwys!” 

[7] Toe Cirénius dit van Josef verneem het, het hy dadelik van sy wens afgesien en gesê: 

[8] ”Dit is vir my nou heeltemal duidelik; my hart is volkome gerusgestel en ek kan my in die vervolg weer rustig aan gewone staatsake wy. 

[9] Dit het alreeds aand geword; ek sal daarom weer met my dienaars na die stad (Ostrasine) gaan! 

[10] Maar môremiddag sal ek weer by jou wees! Indien ek jou raad egter nog vroeër nodig het, dan sal ek jou nog gedurende die voormiddag na my laat kom!” 

[11] Nou het Josef Cirénius en Maronius geseën en Cirénius het nog na die wieg gegaan en die slapende Kindjie baie saggies gekus; 

[12] daarna het hy opgestaan en met trane in sy oë weggegaan. 

[13] Onderweg het hy minstens `n paar honderd keer omgekyk na die villa, wat nou vir hom meer beteken het as alle skatte van die wêreld. 

[14] Josef het Cirénius ook die een seën na die ander agterna gestuur, solank hy nog iets van die geselskap van Cirénius kon bespeur. 

[15] Toe daar niks meer van Cirénius te sien was nie, het Josef eers weer binne in die villa ingegaan en daar na Maria gegaan, wat soos gewoonlik om hierdie tyd diep in gebed tot God gekonsentreer het. 

[16] Sodra sy egter Josef in haar nabyheid gewaar het, het Maria opgestaan en gesê: ”Liewe eggenoot, werklik, hierdie dag het my totaal verander! Die wêreld, die wêreld, bring die mens geen gewin nie!” 

[17] En Josef het gesê: “My troue vrou, jy het gelyk, maar ek dink: Solank die Heer met ons is, verloor ons in die wêreld ook niks nie! Hou daarom goeie moed; môre sal die son weer nuut en heerlik vir ons opgaan! Die Heer alleen sy alle eer in ewigheid! Amen!”'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205