Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die goue môrestond -Josef en sy seuns op die land aan die werk - Die dood van Joël ten gevolge van die byt van `n giftige slang - Die terugtog na die huis en die veroorsaakte skrik - Troostende woorde van die Kindjie - Opwekking van die dooie

(07 Des 1843)

88 Josef het daarna aan sy seuns opdrag gegee om die oorblywende arbeid nog te beëindig en daarna te gaan rus. 

[2] Hy self egter, het ook dadelik gaan rus omdat hy ook al vermoeidheid in sy ledemate begin voel het. 

[3] En so word hierdie dag, wat ryk aan ervaringe was, afgesluit. 

[4] Die volgende dag was ons Josef, soos gewoonlik, alreeds geruime tyd voor sonsopgang op en hy het ook sy seuns wakker gemaak om aan die werk te gaan. 

[5] Want hy het gesê: “Die môrestond het goud in die mond; wat ons dan doen is meer geseënd as die inspanning van die hele volgende dag!” 

[6] En dus het hy, met uitsondering van Jakob wat by die Kindjie moes bly, met die vier oudste seuns weldra na `n akker gegaan om dit te bewerk. 

[7] Die oudste seun het die ywerigste gewerk en wou voor die ander drie wees. 

[8] Maar kyk, toe hy so oorywerig sy vurk in die grond gesteek het, het hy plotseling `n baie giftige slang uit die aarde na bo opgetel! 

[9] En die slang het vinnig op hom afbeweeg en hom in sy voet gebyt. 

[10] Weliswaar het die drie jonger broers hom te hulp gesnel en die slang doodgeslaan, maar desondanks het die voet van hulle broer sienderoë opgeswel. Hy het duiselig geword en spoedig dood neergeval. 

[11] Josef en die drie jonger broers het begin om te weeklaag en God te smeek of Hy Joël tog weer sou wou opwek. 

[12] Josef het die slang vervloek en aan die drie gesê: “Nou sal nooit as te nimmer meer `n slang oor hierdie bodem kruip nie! 

[13] Tel julle broer op en dra hom na die huis, want dit moes die Heer behaag het om my my stamhouer te ontneem!” 

[14] Wenend het die drie broers Joël opgetel en hom na die huis gedra en Josef het sy kleed geskeur en hulle met weeklag gevolg. 

[15] Toe hulle tuis aangekom het, het Maria, deur die geweeklaag verskrik, dadelik met die Kindjie hulle tegemoet gekom en Jakob het haar gevolg. 

[16] Albei het `n jammerklag geuiter, toe hulle die ontsielde Joël en Josef met sy verskeurde kleed gesien het. 

[17] Ook die drie priesters het hierheen gekom en nie weinig geskrik by die aanblik van die dooie liggaam nie. 

[18] En een van hulle het aan Josef gesê: “Nou eers glo ek volkome, dat u ook maar `n mens is, want as u `n God was, hoe sou u dan nie u kinders wat sterf, dadelik in die lewe kon terugroep word nie!” 

[19] Maar die Kindjie het gesê: “Julle vergis julle almal! Joël is wel verdoof en slaap, maar hy is nie dood nie! 

[20] Gaan haal `n see-ui; lê dit op die wond, dan sal dit gou beter met hom gaan!” 

[21] Ylings het Jakob so `n see-ui gebring en dit op Joël se wond geplaas. 

[22] En hy het binne enkele oomblikke weer tot homself gekom en aan almal gevra, wat daar tog met hom gebeur het. 

[23] En die omstanders het hom dadelik alles vertel en God vir die redding geloof en geprys; die drie priesters egter het `n groot eerbied vir die Kind gekry - maar `n nog groter eerbied vir die ui!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205