Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Maria se verhaal oor die heilige en geheimsinnige gebeurtenis Josef se angs en sorg en sy besluit om Maria weg te stuur - Wenk van die Heer aan Josef in `n droom - Maria bly in Josef se huis

9 Nou vertel Maria aan Josef alles wat haar oorgekom het, toe sy nog besig was om die purper te spin en sy sluit haar verhaal met hierdie plegtige versekering af: 

[2] ”Daarom, vader, sê ek u nogmaals: Sowaar God, die Heer van hemel en aarde leef, so waar is ek ook rein en weet van geen man en ken ewemin die geheim van God, wat ek nou tot my eie groot verdriet onder my hart moet dra!” 

[3] Toe het Josef hom vir Maria verstom en geweldig geskrik, want Maria se woorde het diep in sy bekommerde siel ingedring en bewend het hy sy heimlike vermoede bevestig gesien. 

[4] Hy het daarom begin dink oor wat hom nou te doen staan en so by homself gedink: 

[5] ”As ek haar sonde, soos dit onweerlegbaar vir die wêreld nou sou voorkom, verberg, omdat ek dit nie meer as sonde beskou nie, sal ek as `n oortreder van die wet van die Heer beskou word en aan die sekere straf daarvoor beslis nie ontkom nie! 

[6] Maar gee ek haar teen my innerlike oortuiging as `n sedelose sondares by Israel se seuns aan, terwyl dit wat sy onder die hart dra - volgens haar baie duidelike woorde - van `n engel kom, 

[7] dan sal ek deur God die Heer bevind word as iemand, wat onskuldige bloed uitgelewer het aan die doodstraf! (Matthéüs. 1:19-21)  

[8] Wat moet ek dan met haar maak? - Moet ek haar stilletjies verlaat, dit wil sê moet ek haar heimlik verwyder uit my huis en haar êrens verberg in die gebergte naby die Griekse grens? Of moet ek wag tot die dag van die Heer, sodat Hy my dan self sal sê, wat ek moet doen? 

[9] Maar as daar môre of oormôre iemand uit Jerusalem by my kom wat Maria sien, wat dan? Ja, dit sal wel die beste wees, dat ek haar heimlik laat vertrek en in die geheim vir haar sorg, sonder dat iemand behalwe my kinders, iets daarvan te wete kom nie! 

[10] Mettertyd sal die Heer haar onskuld sekerlik duidelik laat blyk en dan sal alles weer in orde wees; ja, so geskied dit dan in die naam van die Heer!'” 

[11] Josef het dit nou heimlik aan Maria meegedeel en sy het die goed bedoelde wil van Josef aanvaar, waarna sy haarself ter ruste begeef het, want dit was reeds laat in die aand. (Matthéüs. 1:20; Lukas. 1:35)  

[12] Josef, moeg van al sy baie gedagtes, het ewe-eens ingesluimer en kyk, `n engel van JaHWeH het aan hom in `n droom verskyn en met hom gepraat: 

[13] “Josef, wees nie ongerus oor Maria nie, die mees reinste maagd van die Heer! Want wat sy onder haar hart dra, is verwek deur die Heilige Gees van God en as Hy gebore word, sal jou Hom die naam 'Jesus' gee!” (Matthéüs. 1:21; Lukas. 1:31b; Lukas. 2:21; Matthéüs. 1:22,23,24). ).  

[14] Toe het Josef uit sy slaap ontwaak en God die Heer, geprys wat aan hom so `n barmhartigheid bewys het. (Matthéüs. 1:24a).  

[15] Daar dit alreeds môre was, het ook Maria alreeds reisvaardig na Josef toe gekom in die veronderstelling, dat dit tyd was om te vertrek. (Matthéüs. 1:24b).  

[16] Maar Josef het die meisie omarm en haar aan sy bors gedruk en aan haar gesê: 'Maria, reine, jy bly by my, want die Heer het my oor jou `n magtige getuienis gegee, want wat uit jou gebore word, sal 'Jesus' heet!” (Matthéüs. 1:24b).  

[17] Hierdeur het Maria dadelik verstaan dat die Heer met Josef gespreek het, omdat sy dieselfde naam verneem het, wat die engel aan haar gegee het, hoewel sy daarvan tevore nog niks aan Josef vertel het nie! (Lukas. 1:31; Matthéüs. 1:25;)  

[18] Van nou af het Josef die meisie sorgsaam behoed en het haar aan niks laat ontbreek wat sy ookal in haar toestand nodig gehad het nie! (Matthéüs. 1:25).


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205