Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die oggendmaaltyd – Josef se vraag oor die wens - Die verset van die drie priesters teen Josef se aanwysings - Die Kindjie voed hulle op tot gehoorsaamheid - Die belangrike vraag van die priesters en Josef se verleentheid

(11 Des 1843)

90 Die ontbyt was spoedig klaar voorberei, want dit het uit niks anders bestaan as `n pot gekookte vars melk wat met heuning gemeng was met tiemie en brood daarby. 

[2] Maria het dit self op die tafel geplaas en Josef en die vyf seuns en ook die drie priesters na die tafel geroep.  

[3] En Josef het dadelik met die Kindjie op sy arm gekom, Hom aan Sy moeder oorgegee en toe aan tafel gaan sit. 

[4] Daar het hy dadelik aan die Heer sy loflied aangehef en toe die loflied klaar gesing was, Josef volgens gewoonte gevra of almal hulleself gewas het. 

[5] En Maria, die vyf seuns en die Kindjie het gesê: ”Ja, ons is almal goed gewas!” 

[6] En Josef het geantwoord: ”Dan moet julle ook eet! Maar hoe staan dit met julle drie? Het julle jul ook gewas?” 

[7] Maar die drie priesters het gesê: ”Dit is by ons geen gewoonte om ons in die oggend met water te was nie, maar in die aand egter wel. 

[8] In die oggend salf ons ons met olie om nie te veel las te hê van die hitte van die dag nie.” 

[9] En Josef het gesê: ”Dit kan wel wees; as ek by julle tuis sou kom, sou ek dieselfde doen as julle! 

[10] aangesien julle nou egter by my in my huis is, neem julle my gewoontes in ag, want dit is beter as julle s’n!” 

[11] Die priesters het egter versoek of hulle daarvan verskoon mag bly. 

[12] Toe wou Josef die priesters al van die wassery vrystel;

[13] maar die Kindjie het gesê: ”Voorwaar, elke hap sal in hulle maag `n steen word as hulle hulself nie eers met water rein was, voordat hulle deelneem aan die tafel waaraan Ek aanwesig is nie!” 

[14] Hierdie woorde het gemaak dat die drie priesters onmiddellik met hulle gewoonte gebreek het en hulle het water gevra en hulle gewas. 

[15] Nadat hulle hulself gewas het, het Josef hulle dadelik weer aan tafel genooi, 

[16] maar die priesters het geweier en dit nie durf waag nie, want hulle het die Kind gevrees. 

[17] Die Kindjie het egter gepraat: ”As julle nou weier om aan tafel te gaan en met ons die geseënde ontbyt te gebruik, sal julle sterf!” 

[18] En dadelik het die priesters aan tafel gegaan en met groot heimlike eerbied vir die Kind geëet. 

[19] Toe die oggendmaaltyd genuttig was, het Josef weer opgestaan en aan God dank gebring. 

[20] Daarop het die priesters hom gevra: ”Welke God dank u? Is hierdie Kind nie die eerste, egte God nie? Waarom dank u dan nog `n ander een?” 

[21] Hierdie vraag het Josef erg verbaas en hy het nie geweet wat hy daarop moes antwoord nie. 

[22] Maar Die Kindjie het gesê: ”Josef, maak jou geen onnodige bekommernis daaroor nie, want wat die drie gesê het, dit sal vervul word! Maar wees nou nie besorgd nie, want jy bid nogtans net tot één God en Vader!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205