Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die blindheid en dwaasheid van die drie priesters aan die lig gebring - Oor tempelbou in die hart en oor die ware diens aan God

(13 Des 1843)

92 Hierdeur het die priesters baie verleë geword en nie geweet wat om te doen nie; want hulle het dit nie durf waag om hulle versoek in die teenwoordigheid van die Kind aan Josef te onthul nie. 

[2] Maar die Kindjie het hulle aangekyk en toe met `n vaste stem gesê: 

[3] ”Sou julle nie ook van My `n afgod wou maak nie? 

[4] Julle wil graag op daardie heuwel `n tempel wou bou en daarin op `n goue altaar `n beeldhouwerk van My wou plaas en dan offers aan hierdie beeldhouwerk bring op julle manier. 

[5] Probeer maar eers so iets te onderneem; voorwaar, Ek sê julle, die eerste een wat daartoe `n stap sal neem en net `n vinger sal uitsteek, sal onmiddellik op die plek dood wees! 

[6] Wil julle `n tempel vir My wel bou, bou hom dan lewend in julle hart! 

[7] Want Ek is lewendig en nie dood nie en wil daarom lewende en nimmer dooie tempels hê nie! 

[8] As julle dan wel glo, dat die volheid van die goddelikheid liggaamlik in My woon, is Ek dan nie Self in voldoende mate `n lewende tempel vir julle nie?! Waarom moet daar dan vir My nog `n gesnede beeld en `n steentempel wees?! 

[9] Wat is meer, Ek - of so `n niksseggende tempel en `n gesnede beeld van My?  

[10] As die Lewende by julle en in julle midde is, waarvoor sou die dooie dan wel goed en nuttig wees? 

[11] O julle blinde dwase! Is dit dan nie meer dat julle My liefhet, as dat julle vir My duisend tempels uit steen wil bou en dan duisend jaar lank daarin voor gesnede beelde vir My lippediens verrig in versierde gewade?! 

[12] As `n arm mens egter by julle sou kom, wat naak en honger en dors is 

[13] en julle sou sê: 'Kyk, dit is `n halfgod, want so verskyn hierdie hoë wese; 

[14] laat ons van hom `n beeld maak en dit dan in `n tempel plaas, sodat ons hom kan vereer! 

[15] Sê My, as julle dit inderdaad sou doen, sou die arme mens daarmee ook maar enigsins gedien wees, ook al sou julle sy beeld van suiwer goud maak?! 

[16] Sou dit die arme nie meer help, indien julle hom liefdevol klee en hom dan te ete en te drinke sou gee nie?! 

[17] Is God egter nie nog meer lewend as daardie mens van die aarde, deurdat alles tog uit Hom die lewe het?! 

[18] Sou God, wat die son geskape het en aan jou `n siende oog gegee het, dalk blind wees?! 

[19] Of sou Hy doof wees, wat jou oor gemaak het, of gevoelloos, wat aan jou die gevoel gegee het?! 

[20] Kyk, hoe dwaas sou die gedagte en gesprek wees! 

[21] God is die volmaakste lewe Self, dus die volmaakste liefde; hoe wil julle Hom dan vervolgens as `n dooie aanbid en vereer?! 

[22] Bedink dit, sodat julle van julle blindheid genees word!” 

[23] Hierdie woorde het gemaak dat die drie priesters op die grond neergeval het; hulle die heilige waarheid daarvan ingesien en op dieselfde dag nie meer gepraat het nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205