Die Jeug van Jesus
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300.

Die lieflike toneel tussen die meisie en die Kindjie - Die gevare van die heilige geheim - Die saligheid en die uitbundige vreugde van die meisie

(20 Des 1843)

98 Die meisie het dadelik na die Kindjie toe gegaan en gesê: 

[2] ”O, wat is Jy tog `n buitengewone wonderkind! 

[3] Ja, Jy is dieselfde stralende Kindjie, waarvan ek so wonderlik gedroom het, dat die moeder Hom gebad het en daarna dieselfde badwater my die lig in my oë gegee het. 

[4] Ja, ja, Jy Goddelike Kindjie! Jy het aan my die lig in My oë gegee! Jy is My Heiland. Jy is die egte Apollo van Delphi! 

[5] Ja, in my hart is Jy nou alreeds meer as alle gode van Rome, Griekeland en Egipte! 

[6] Welke hoë, Goddelike gees moet in Jou woon, wat Jou al so vroeg Jou tong losgemaak het en wat Homself deur Jou nou reeds so heilsaam en magtig werkend laat sien! 

[7] Heil vir julle, mense van hierdie aarde, wat net soos ek in groot duisternis en ellende lewe! 

[8] Hier is die son van die hemele wat aan julle blindes, net soos aan my, julle gesig sal teruggee! 

[9] O Rome, magtige bedwinger van hierdie aarde, kyk, hier glimlag die held vir my, wat jou in `n puinhoop sal verander! 

[10] Sy banier sal Hy bo jou mure oprig en jy sal ten gronde gaan! Soos los kaf deur die storm weggewaai word, so sal jy eens weggewaai word!” 

[11] Die Kindjie het Sy hand na die meisie uitgesteek en wou by haar wees. 

[12] Met groot vreugde het die meisie Hom opgeneem en Hom geliefkoos en Hom aan haar hart gedruk! 

[13] Die Kindjie het met die weelderige lokke van die meisie gespeel en baie saggies aan haar gesê:  

[14] ”My liewe suster, glo jy die woorde wel, wat jy vroeër oor My gesê het, toe Ek My nog op die arms van My broer bevind het?” 

[15] En die meisie het eweneens ook baie saggies aan die Kindjie gesê: 

[16] ”Ja, Jy, my Heiland, lig van my oë, my eerste oggendson, nou glo ek dit des te sekerder, omdat Jy my daarna gevra het!” 

[17] Die Kindjie het daarop gesê: ”Gelukkig is jy, dat jy in jou hart ook glo, soos jy gespreek het! 

[18] Maar dit sê Ek jou: Laat hierdie geloofsbelydenis van jou voorlopig uiters geheim bly! 

[19] Want nooit het die vyand van alle lewe sy ore meer gespits as juis nou in hierdie tyd nie! 

[20] Swyg daarom oor My en verraai my dus nie, as dit vir jou belangrik is om nie vir ewig deur hierdie vyand gedood te word nie!” 

[21] Die meisie het dit met die grootste beslistheid beloof en terwyl sy die Kindjie geliefkoos het, het sy so volmaak jeugdig en mooi geword dat almal hulle uitermate daaroor verwonder het en uit louter saligheid het die meisie byna geen raad met haarself geweet nie, ja sy was so gelukkig, dat sy begin het om te juig en vol vertroue te word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205