Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

GEESTELIKE SPYSIGING AAN DIE TAFEL VAN DIE HEER
B.D.7427 - 13 Oktober 1959
U moet baie geestelike brood in ontvangs neem, want die tyd van dorheid sal nog kom, waarin dit onmoontlik sal wees om vir `n langer tyd `n innige band met My tot stand te bring, waarin u uself gelukkig mag ag, wanneer u gedagtes `n kort tydjie by My kan vertoef en waarin u dit moeilik sal vind om in innige konsentrasie na My inspraak te luister. Dan moet hierdie kort gedagtes voldoende wees om u met krag te vervul, wat Ek u nie sal weerhou nie. Maar solank dit moontlik is, moet u die tyd goed gebruik en u goed met spyse lawe so dikwels as u kan.
Ek gee u slegs hierdie goeie raad om u te versterk vir die tyd wat nog voor u lê, want dit sal baie krag van u verg, wat u steeds net met My Woord sal kan ontvang. Wanneer u siel gevoed word met brood en wyn, dan sal sy ook in staat wees om weerstand te bied teen alle versoekinge wat haar bedreig.
En Ek is te alle tye bereid om u die kragtige voedsel te gee. Ek is steeds bereid om met My kinders te praat en hulle raad te gee, hulle aan te spoor en te waarsku, want Ek wil net die beste vir Myne hê en Ek sal hulle altyd so lei dat hulle te alle tye hulle honger aan My tafel kan stil. En u sal daarvan gebruik moet maak.
U moet dikwels vir My u oor leen, u moet u hart vir My oopmaak - u moet die deur van u hart ver opmaak, dat Ek kan binnegaan in My huis - en u moet die huis vir My toeberei, wat altyd maar net kan gebeur, wanneer u mekaar in liefde dien, wanneer u My Woord opneem en dit naleef, wanneer u dus spys en drank gebruik en dan ook geskik is om aan u siel te werk, wanneer u leef volgens My Wil, dus nie slegs aanhoorders nie, maar ook vervullers is van My Woord.
En wanneer Ek nou vir u `n bron ontsluit het, waaruit die water van die lewe opwel, dan sal u ook uself meer dikwels moet neerbuig en drink uit hierdie bron en u almal sal `n duidelike versterking bemerk, u sal makliker u pelgrimstog oor die aarde kan voortsit, die las van die lewe sal u nie so druk nie, wanneer u self kragtig en gesond voortgaan en hierdie krag en gesondheid uit die voedsel onttrek wat Ek u steeds weer Self aanbied.
Kom almal na die bron toe en versamel weer vir u nuwe krag, en deel van hierdie spys ook aan ander uit wat behoeftig is en moeg en mat by die bron neersink om hulleself te lawe.
Put vir hulle die lewenswater en reik dit oor aan hulle en u sal daarvoor geseën wees. En lok diegene wat rondtrek, dat hulle die bron opsoek, dat hulle rus en hulself eers weer versterk voor hulle hulle weg voortsit, wat steeds weer nuwe krag verg, totdat die pelgrimsweg ten einde is.
U almal hoef nie swak te wees nie, u kan steeds weer vra vir nuwe krag, u kan steeds opnuut aan My tafel vir u voedsel kry en u hoef nie bang te wees dat Ek u karig sal bedien of u voedsel sal weier nie. Steeds is Ek bereid om ryklik uit te deel en u sal gebruik moet maak daarvan en ook verlang na oorvloed. U sal dit ontvang en dit sal steeds net vir u beswil wees. Eet en drink van die brood en die wyn van die lewe. Ek reik u Self die voedsel en die beker vir u siel aan, maar gaan dit nie ligtelik verby nie, vertrouend op eie krag, wat nie toereikend is vir u pelgrimsweg nie.
Die weg is steil wat na bo lei en sonder toevoer van krag, is dit nie af te lê nie. Hou dit steeds voor oë en rus waar u `n bron vind wat My liefde vir u ontsluit het.
Die tyd sal kom waarin u verhinder sal word deur die listigheid van My teenstander en dan sal u genoeg voorraad moet besit, dan sal goddelike krag u deurstroom as u maar `n stille gedagte na My opstuur, want Ek verlaat Myne nie, Ek sal spysig en lawe, geestelik en aards, ook wanneer dit vir u onmoontlik skyn, want My liefde vir u en My Mag is onbegrensd.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205