Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

VERGEWING DEUR JESUS CHRISTUS. DIE GRAAD VAN DIE LIG VAN DIE LIEFDE
B.D.7660 - 30 Julie 1960
En u sal binnegaan in die ewige vrede, want die moeilikhede het opgehou om te bestaan, alle sorge en pyne is verby, om u is lig in volheid en u bestaan is `n geluksalige bestaan.
Maar u sal eers die rypheid van u siel moet bereik het, u sal vry moet wees van sondeskuld, u sal van My moet wees in die aardse lewe, u sal na die Vader moet terugkeer van Wie u eens uitgegaan het. En daarom sal u die verlossing deur Jesus Christus moes gevind het, omdat u andersins nog nie vry is van die sondeskuld nie en die toegang dan vir u versper is tot die ryk van lig en geluksaligheid.
Streef julle daarom daarna om vergewing van die sondeskuld te vind solank u nog op die aarde vertoef. Trag - wanneer u nog nie in Hom kan glo nie – om opheldering te verkry oor Jesus - die Seun van God en Verlosser van die wêreld. En vra julle My Self daarom, dat Ek u hierdie opheldering laat toekom, sodat u in staat sal wees om `n lewende geloof in Hom te hê en om dan ook self onder Sy kruis te gaan staan met u sondelas en Hom om vergewing vra.
En u sal vry word van alle skuld. En dan is die binnegaan in die ligryk ook vir u verseker, omdat Jesus Christus die skuld vir u betaal het deur Sy dood aan die kruis.
Maar u sal in baie verskillende grade van lig kan vertoef na u dood, want dit hang van die toestand van rypheid van u siel af, in hoeverre sy ontvanklik vir lig geword het op aarde. Dit hang daarvan af welke lewenswandel u op aarde lei en hoe u My Wil vervul het, wat beteken of u vir uself die gebooie van die liefde tot God en die naaste tot rigsnoer van u lewenswandel geneem het en dus u wese omgevorm het tot liefde. Slegs die graad van liefde is bepalend vir die rypheid van u siel.
En die liefde kan nie vir u deur ander in die plek van uself beoefen word nie, die liefde is die wet van die ewige ordening, waarin uself sal moet lewe, om weer u oerwese te kan aanneem, om tot My ewebeeld te word, soos wat dit u bestemming is.
En tot liefde te word beteken om alle foute en gebreke wat nog aan u siel kleef, af te lê, en te stry teen alle begeertes van minderwaardige aard, u wese te vorm tot deemoed, sagmoedigheid, vredeliewendheid, barmhartigheid, geregtigheid - geduld - en alle slegte eienskappe af te lê en steeds in My te bly, wat u Vader van die Ewigheid is.
In die lewe op aarde moet u teen alle foute stry, dan sal u siel helder word soos `n diamant en sal die ligstrale kan opneem wat haar geluksaligheid in die geestelike Ryk uitmaak. En dan sal sy ewig lewe, sy sal geen dood meer ken nie, geen sonde, geen smet, sy sal rein en suiwer wees en dus ook My nabyheid waardig wees en sy sal My kan aanskou van Aangesig tot Aangesig. Want sy sal haar Heiland Jesus Christus sien in wie Ek Myself vir My skepsele sigbaar gemaak het, soos dit eens hulle verlange was.
Selfvorming tot liefde sal u mense op aarde tot stand moet bring, as u eendag onmeetlik geluksalig wil wees. Maar sorg eers dat u vry van u sondelas word, want dit trek u na benede, in die diepte en belas met sonde is u die binnegaan in die ligryk ontsê. En wanneer dit moeilik is om in Jesus Christus te glo, trag dan om te bid tot u God en Skepper, wat u in die lewe geroep het en vra Hom dat Hy u verligting mag besorg, dat Hy u mag help om te glo.
En Ek sal die versoek waarlik vervul, Ek sal diegene nie in onwetendheid laat wat begeer om te weet nie, en Ek sal hom die waarheid so voorhou, dat hy dit sal aanneem, want die geloof in Jesus Christus as God se Seun en verlosser van die wêreld is absoluut noodsaaklik om opgeneem te word in die ryk van vrede en geluksaligheid.
Dan eers erken u My ook, wat u eens nie wou erken nie, van wie u uself vrywillig afgeskei het en in die diepte gestort het. U sal nou vrywillig na My moet terugverlang en u gee blyke van hierdie wil, wanneer u uself tot Jesus Christus wend en aan Hom u sondeskuld beken met die versoek om vergewing. Dan is die sonde u vergewe, Ek Self spreek u daarvan vry, wat in die mens Jesus vir u die verlossingswerk volbring het, en Ek help u ook dat u nog op aarde tot rypheid kom, wanneer dit maar u wil is, dat u uself met My verenig, dat u vrywillig weer na My terugkeer en u weer so sal omvorm soos u was in die allereerste begin.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205