Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

VERLOS ONS VAN ALLE KWAAD
B.D.4985 - 19 Oktober 1950
Verlos ons van alle kwaad. Dikwels word u gekonfronteer met versoekinge, wat wel deur My toegelaat is, maar steeds die werk van My teenstander is, omdat ook by die stryd om elke siel hy daarom trag om die wil van die mens te beïnvloed om self teen My in opstand te kom, dus om te sondig. Hierdie versoekinge is vir die mens steeds `n klip waarop hy skipbreuk kan ly, maar ook dan laat Ek hom nie sonder barmhartigheid om die Satan teen te werk nie. Ook Ek tree duidelik herkenbaar tevoorskyn, wanneer die mens op `n tweesprong staan, (by `n kruispad kom) wanneer hy deur die lis van My teenstander van die korrekte weg weggedring word en nog twyfelagtig van sin is.
Dan is `n kort skietgebed voldoende, `n gedagte tot My: Verlos ons van alle kwaad. Ek kom vol lig tevoorskyn, Ek wys hom die korrekte weg en Ek toon hom die duisternis van die ander weg. Ek staan elke mens by wat maar `n gedagte tot My rig, vraend en smekend.
Die versoekinge laat Ek wel toe, want ook My teenstander is die reg toegestaan om sy invloed uit te oefen, dit gaan tog om die vrye wilsbeslissing, en om dit te neem moet die mens ook aan beide invloede blootgestel wees, die goeie, sowel as die slegte. Maar om sonder beskerming die onderspit te delf, hoef die mens nie. Hy sal steeds weerstand kan bied, omdat Ek hom help, as hy maar eenmaal die weg na My ingeslaan het. En Ek toon hom nou baie duidelik welke krag hom skade wil berokken.
Ek wil u mense almal van die kwaad verlos en Ek wil u bevry uit die mag van hom wat die skuld het van u gebonde toestand, Ek wil dat u salig word, dat u uself nie meer in die noute gedrewe voel deur hom wat u kwaad wil aandoen nie, wat u in die verderf lok en wat vir geen middel terugskrik nie. Hy kom selfs soos `n engel van die lig na u toe, wanneer hy glo om daarmee sukses te hê; hy wil u besit en gebruik lis en geweld. En tog vind hy in My sy Heer, want `n siel wat My uitverkies het, sal nooit meer sy slagoffer word nie.
Wee egter wie aan hom gebonde is - want hy hou hulle vas tot hulle My om hulp smeek, wat hulle ook verseker verleen sal word. Verlos ons van die bose. Spreek hierdie woorde dikwels uit in die hart en u sal My hulp steeds gewaar word, want met die versoek spreek u uself uit vir My, omdat u My aanroep teen hom wat My teenstander en u vyand is.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205