Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

DIE ERNSTIGE STREWE NA DIE RYK VAN GOD
B.D.6376 - 3 Oktober 1955
U almal streef veels te min na die Ryk van God met sy heerlikheid, selfs wanneer u vas meen om te glo dat u eens die ryk sal binnegaan, selfs wanneer u wil hê dat die ryk eens u blyplek sou mag wees. U neem dit nog nie ernstig genoeg met u omvorming tot liefde nie, waarsonder u nooit die Ryk van God in besit sal kan neem nie. U wil is nog baie swak en u roep Hom te min aan, wat net aan u wil die ware sterkte kan gee.
Solank die wêreld nog haar bekoringe op u uitoefen, solank is u Hom ook nie heeltemal toegedaan wat Sy Ryk met alle heerlikheid, net vir u kan ontsluit nie. U wil dan nog twee meesters dien; anders gesê: Die mag van dié ‘Heer’ is nog te groot sodat u hom sal opgee en u heeltemal en al aan die ander Heer oorgee. Want om tegelykertyd beide meesters te dien, is nie moontlik nie, omdat hulle eise aan u van heeltemal teenoorgestelde aard is.
Maar as u die Ryk van God met al sy heerlikheid wil verwerf, dan sal u uself moet losmaak van die wêreld en al haar verlokkinge. U sal die hele krag van u wil moet opbring en bewustelik net na hierdie ryk strewe, daar u andersins die gevaar loop om deur die wêreld gevang te word en u die Ryk van God heeltemal verspeel.
U sal in alle erns moet beslis, u sal daarvan bewus moet wees, dat slegs `n sterk wil die doel kan bereik en u sal om hierdie sterk wil moet vra, wanneer u self te swak voel om die verlokkinge deur die wêreld te weerstaan. Die wêreld kan u slegs baie min bied in verhouding tot die heerlikheid van die ryk wat nie van hierdie wêreld is nie, en om minute of ure van geluk te geniet, offer u die hele Ewigheid op.
U sal dit ook nie mag uitstel nie, maar u ernstig besig hou met u doel. Want u weet nie hoe lank u nog daarvoor tyd het nie; u weet nie wanneer u laaste uur geslaan het en of u nie verras sal word en dan niks meer kan doen vir die heil van u siel nie. Want die onverskilligheid van iemand wat weet, is erger as die totale onwetendheid waarin `n mens van dié wêreld leef. Dog almal is nog onder die indruk van die wêreld en `n stryd teen sulke verleidinge en begeertes is daarom ten seerste gebiedend. U almal begryp nie die erns van die tyd nie. Maar baie van u, wat gelowig is, sou uself kan vrymaak van die wêreld, wanneer u Jesus aanroep om hulp, om versterking van die wil, vir krag om die versoekinge te weerstaan.
U mense is swak van wil en die teenstander van God probeer alles, om daaruit voordeel te trek. Die teenstander van God sal u steeds daar aanpak waar u nog kwesbaar is. Maar u kan u van hom vrymaak, want wat u krag nie mee kan klaarspeel nie, dit doen Die Een wat vir u aan die kruis gesterwe het om vir u die barmhartigheid van `n sterk wil te koop. Roep Hom aan wanneer u uself in sielenood bevind - wanneer die teenstander van God sy kunste aanwend, wanneer hy u lok met die vreugdes van die wêreld, en u sal plotseling insien hoe leeg en smaakloos dit is, wat aan u deur hom voor oë gestel word. U sal u afwend en die roeping volg van Hom wat Sy Ryk vir u wil oopmaak, wat vir u eendag alle geluksaligheid sou wil berei in Sy Ryk.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205