Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

U WIL GESKIED OP AARDE, SOOS IN DIE HEMEL
B.D.3927 - 2 Desember 1946
Verhoring van die gebed in die vaste geloof "Vader, U Wil geskied."
Alles sal u deur My kan bereik, as u maar vas en onwankelbaar glo in My. Want as u My oorgrote Liefde tot u voor oë hou, weet u ook dat Ek geen gebed onverhoord laat nie. `n Vaste geloof in My bring egter ook die volste vertroue in My met homself mee, dit sluit die sekerheid in dat Ek in My Wysheid ook alles insien wat vir u tot seën is en dat Ek u geen nadeel laat ondervind, deurdat Ek u iets toestaan wat u nie tot heil dien nie. En daarom sal `n diep gelowige mens homself onvoorwaardelik aan My oorgee, hy sal dit aan My oorlaat, hoe Ek hom sal bedink, hy sal nie eis nie, maar veeleer deemoedig sy versoeke aan My voorlê, steeds My Wil vooropstel en homself in My Liefde en barmhartigheid aanbeveel. En Ek sal hom bedink in alle volheid, liggaamlik en geestelik sal Ek hom nooit gebrek laat ly nie, want die gebed van My kind hoor Ek altyd.
Maar as Ek u die vervulling van `n versoek weier, twyfel dan tog nie aan My Liefde nie, want My liefde wil u teen onheil behoed. En u sal self nie altyd kan insien, hoe die uitwerking is van die vervulling van `n versoek nie, lê daarom vol vertroue u verlange aan My voor en laat al die ander aan My oor, en My Liefde sal u so bedeel, dat die weg na My vir u gelykgemaak sal word, dat u verseker u doel sal bereik, dat u as My kinders na die Vaderhuis sal terugkeer om `n geluksalige lewe te lei in alle ewigheid. Maar gebruik maar die krag van die gebed, roep My aan in elke situasie van die lewe, kom tot My as u in nood is en dink ook aan My in ure van rus en vrede.
Vergeet My nie, sodat Ek u ook nie vergeet nie, bring gereeld die verbinding met My tot stand deur innige gebed en roep My steeds in u nabyheid, want dan stroom daar onmeetlike krag oor op u, as u My uit vrye wil soek, as u gedagtes My insluit en u hart haarself `n weg na My baan.
U sal uit eie beweging die weg na My moet vind en daarom die brug betree wat Ek vir u geslaan het van die aarde na My. U sal moet bid, want in die gebed verhef u siel haarself in die sfeer van die lig, in die gebed betree u die brug na My, in die gebed kom die kind by die Vader, dit bring die verhouding tot stand van kind tot Vader, soos dit My Wil is. En as Ek as Vader aangeroep word, as `n kinderlike hart My tegemoet kom, verhoor Ek elke smeking, want Ek stel My kinders nie teleur wat vol vertroue na My toe kom nie.
En My Liefde slaan oor op hom, My Liefde deel onmeetlike gawes uit, My Liefde begiftig die kind geestelik en aards, en nooit sal hy nood hoef te ly nie, sodra hy waarlik kinderlik bid, dit wil sê, in gees en in waarheid sy gebed na My stuur. Maak almal gebruik van die barmhartigheid van die gebed, want alles sal u kan bereik vanuit `n diep lewende geloof in My en My Liefde. Maar eis nie en kla of mor nie as ek u gebed skynbaar nie verhoor nie, want dan sien My Vaderliefde maar net 'n nadeel in die verhoring van u versoek, en om u daarteen te behoed, ontsê Ek dit u. Maar wie altyd sy wil aan Myne onderwerp, sal nooit teleurgestel word nie, want sy gebed is die ware, wat vir My welgevallig is, wanneer hy aan al sy versoeke toevoeg: "Vader, U Wil geskied".
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205