Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

GOD SE WEË IS NIE ALTYD DIE WEË VAN DIE MENS NIE
B.D.6993 - 14 Desember 1957
U weë is nie altyd My weë nie. Dikwels is u nie op die hoogte van die doel, wanneer u `n weg bewandel nie, maar Ek weet waar dit heen lei en dring u dikwels sag op `n ander weg. En gee u toe aan hierdie drang, dan sal u ook verseker die ware doel bereik. Maar dikwels is u weerstand te groot, u eie wil is sterker en u let nie op die sagte aandrang wat van My uitgaan nie. Dan moet Ek u laat gaan, omdat Ek u wil nie met geweld wil breek nie. En dan is u ook in gevaar om die band met My te verloor, omdat dit nog nie sterk genoeg aangeknoop was nie, en u uself nog nie heeltemal aan My leiding oorgegee het nie.
Maar u moet u nie verwonder wanneer u planne dikwels tot niet gaan nie, wanneer u voornemens nie slaag nie, wanneer die weg wat u gaan, vir u swaarder gemaak word nie. Dit is alles sagte aanwysinge wat by die verkeerde weg in u pad is, en u sal ook dan nog agterdogtig moet word en van die weg afwyk en tog op die korrekte spoor aanland, wat groter sukses beloof - maar nie in `n aards materiële sin nie, maar wat u geestelike sukses verseker.
Slegs u gedagtes wat na My gestuur word, verseker u ook My leiding en dan sal u ook insien dat elke weg reg was, wat u vooruit gekom het, selfs wanneer u uself in die begin verset het om die weg te betree. Maar dink u suiwer aards, dan sal u ook verseker weë inslaan wat 'n verkeerde rigting het, en u sou steeds maar net dankbaar moet wees, wanneer u duidelik verhinder word om op die weë verder te gaan.
Maar hoe meer wêreldwys `n mens ingestel is, hoe yweriger sal hy trag om hindernisse te oorwin, hy bring dikwels alle hindernisse neer, dit wil sê, hy vra nie na of hy korrek handel nie en trag slegs om sy doel te bereik, maar dit is weer suiwer wêrelds gerig. En hierdie mense moet Ek laat begaan, want hulle wil is nog te sterk na My teenstander gerig eerder dat hy homself onder My Wil sou buig.
Maar heelwat groter voordeel sal u mense verwerf, wanneer u uself aan My leiding toevertrou en u dan steeds maar net laat lei sonder innerlike weerstand. `n Vader oorsien dit, waarheen sy kind sy skrede lei en welke gevare hom omring, en in sy liefde trag hy om die kind te lei op die weg waarop hy sonder gevaar kan gaan en by die korrekte doel aankom.
En soos `n ware Vader, is Ek ook besorg oor die lot van elke afsonderlike mens en Ek wil dat sy weg oor die aarde hom tot seën word. Maar die mens self rig sy aandag dikwels in verkeerde rigtings, omdat hy hoop om iets daar te vind, maar wat tog vir hom skadelik is. Weliswaar bly sy vrye wil gehandhaaf, maar bepaal deur die lot, kan sy weg op aarde anders gestuur word, teen sy wens en wil in, maar steeds net tot seën van sy siel.
Maar solank die mens mor en homself innerlik verset teen dit wat hom oorkom, is die seën gering. Eers wanneer hy homself skik binne die insig dat `n hoëre Wil beslissend is, en waarteen hy homself verset `n onreg is, sal hy daarvoor nut vir sy siel verwerf. En die mens sal dikwels in die lewe sulke, deur die lot bepaalde ingrype van My kant af, kan waarneem en dit moet hom steeds tot denke bring.
Daar is vir hulle slegs Een, wat oor die lewensloop van die mens beslis en Sy weë moet hy as goed en reg leer insien, waar hy homself steeds onderdanig onder sy lot moet buig en weet dat `n liefdevolle Vader besorg is oor die welsyn van Sy kind; en dat alles, ook die skynbaar ongunstige, die mens vir sy beswil dien, wanneer hy geen weerstand bied nie, wanneer hy homself laat lei en ook sulke gebeurtenisse aanvaar soos deur die Vader vir Sy kind as reg ingesien en aangewend. En hy moet aan elke ingewing toegee wat hom dwing om anders te handel, want sulke innerlike ingewings is steeds My sagte stem, waarmee Ek die kind lok en op `n ander weg roep, op die weg wat hom waarlik sukses sal oplewer en hom na die doel sal voer, na sy ware bestemming, na die sin van die aardse lewe.
Die wil van die mens is dikwels anders as My Wil, en so is ook sy weë steeds nie die van My nie. Maar My Liefde besit hy altyd en maar net My Wil sal hom red, My Wil sal hom wen vir My en sal daarom ook steeds die mens so lei, soos wat dit goed is vir hom; maar sy wil word ook nie deur My Wil gedwing nie, want dit is en bly vry, omdat die mens volledig vry moet kies vir sy Vader van die Ewigheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205