Boek 27 - Die Onse Vader
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

GEE ONS VANDAG DIE BROOD WAT ONS NODIG HET
B. D. 7089 - 11 April 1958
Ek is die Brood van die Lewe, die manna wat uit die hemel kom.
Dit is nie voldoende, wanneer u uself aards versadig, wanneer u die liggaam die brood gee wat u nodig het om te lewe nie, inteendeel, begeer veel meer die brood uit die hemel, wat voedsel is vir u siel. En glo van My dat die laaste in noodgevalle ook die liggaam sal onderhou, maar die eerste nooit die siel dien om haarself positief te ontwikkel nie.
En daarom het Ek gesĂȘ: "Ek is die Brood van die Lewe, die manna wat uit die hemel kom", want wanneer u My Self - My Woord - in u opneem, sal u lewe tot in Ewigheid. Maar u liggaam sal vergaan, ook wanneer u dit voortdurend met aardse spyse sal versadig. Die liggaam is sy tyd gegee en as dit verby is, dan help ook geen aardse voeding meer om dit in die lewe te behou nie. Daarom sou u meer besorg moet wees om u siel die lewe te besorg, u sou haar onophoudelik moet voed met die brood van die hemel, u sou die spys wat haar slegs van My uit aangebied kan word, vir haar toeganklik moet maak. En u sou daarom nader na My Self moet kom en My vra om ware spys en ware drank.
En u sou ook steeds aan My Woorde moet dink: "Wees nie besorg wat u sal eet en waarmee u uself sal klee nie, maar soek eers die Ryk van God en al die ander sal aan u gegee word". Sou die mense maar aan hierdie belofte wil glo! Maar al hulle sinne en strewe is suiwer aards gerig en tog kan geen mens die lewe van sy liggaam `n uur verleng nie, wanneer My Wil dit anders voorbeskik het. Maar ook geen mens kan sy siel die lewe gee wanneer hy haar gebrek laat ly, wanneer sy sonder spys en drank gelaat word terwille van die liggaam.
Maar omdat u mense weet hoe die liggaam voedsel absoluut nodig het om te kan bestaan, so maak u uself skuldig, wanneer u nie eweneens vir u siel sorg nie, wat nie kan vergaan nie; u maak u daarom skuldig, omdat Ek My steeds weer na u toe wend en u die voedsel vir u siel aanbied, omdat u steeds weer aangespreek word deur My afgesante en hulle maar net hoef aan te hoor en aan hulle woorde gevolg te gee, om nou ook My die moontlikheid te gee om u geestelik te ete en te drinke te kan gee tot heil van u siel.
Steeds weer word u in kontak gebring met My Woord, steeds weer word u aangemaan om u met My in verbinding te stel, u word vir die gastemaaltyd uitgenooi en u sal te alle tye na My tafel kan kom en dus van My voedsel in ontvangs neem vir u siel, want My Woord is die brood uit die hemel, dit is die lewende water, My Woord is vlees en bloed, slegs My Woord is vir u siel die ware spys, wat haar die lewe verskaf, wat sy ewig nie meer sal verloor nie.
En omdat u die behoefte van u siel so min stil, sal u ook liggaamlike nood moet ly, die tyd sal kom waarin dit u ook sal ontbreek wat u vir u aardse lewe nodig het, indien My teenstander nie so ryklik vir u sorg sodat u u siel vergeet nie. Sodra u egter nog nie heeltemal aan hom ten prooi geval het nie, kan aardse voelbare nood u steeds nog daartoe aanpor om u tot My te wend en My te vra om dit op te hef, en dan kan u siel ook tegelyk gespysig word, omdat elke band met My vir die siel krag oplewer, dus geestelike spysiging beteken. Die brood van die hemel is absoluut noodsaaklik, en wanneer Ek Myself aangedui het as "Brood van die Lewe" so sal u ook daaruit kan sien dat u My Self sal moet nader, dat Ek Self My aan u wil besorg, omdat Ek u siel die lewe sou wil gee.
En u hoef waarlik nie ver te gaan om by My te wees nie, u hoef maar net in die stilte te gaan en u gedagtes op My te rig en dan trek u My Self na u toe, u gee My aanleiding om My gawes vir u aan te bied, om u siel spys en drank aan te reik, want sodra u uself in gedagtes met My verbind in stille gebed, open u ook u hart vir My, dat Ek Self na binne kan gaan en dan sal u waarlik geen gebrek hoef te ly nie.
En Ek sal u nie slegs geestelik, maar ook aards voed, want hierdie belofte het Ek u gegee en Ek staan agter My Woord: "Soek eers die Ryk van God en sy geregtigheid en al die ander sal aan u geskenk word".
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205