Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

INKARNASIE
B.D.2775 - 15 Junie 1943
Die beliggaming van `n siel kan plaasvind, wanneer alle substansies hulleself in haar versamel het wat in die mees verskillende skeppings die weg op aarde afgelê en hulleself hoër ontwikkel het. Want elke skeppingswerk moet in sy sielesubstansie aanwesig wees om dan die inkarnasie te kan ingaan. Die menslike liggaam word nou tot omhulsel van so 'n siel, wat al haar omgewende skeppingswerke "in miniatuur" in haarself berg. - Want die eindelose lang weg van voorheen op aarde het die samesluiting teweeggebring van al hierdie substansies, en hulle wag nou op hulle laaste beliggaming. Hulle word as siel in die menslike uiterlike vorm ingelyf om die laaste stadium van ontwikkeling deur te maak.
Hierdie beliggaming is van verskillende duurte, na gelang die rypheid van die afsonderlike substansies. Hulle het in hulle voorstadiums ook al `n sekere vryheid gehad, ofskoon hulle in `n "jy moet toestand" volgens die wil van God werksaam was. Maar in die laaste stadium voor die beliggaming as mens, word hierdie dwangtoestand reeds meer en meer versoepel sodat bepaalde neiginge vertraag, of ook versterk uitgeleef kan word. En dit het weer `n hoër of laer graad van rypheid tot gevolg, wat nou weer die duur bepaal van die laaste beliggaming as mens.
Alle sielesubstansies strewe na hierdie laaste beliggaming as mens, want sodra hulle hulself versamel het tot `n menslike siel weet hulle, dat die menslike uiterlike vorm hulle laaste stoflike omhulling is en hulle na hierdie bedekking van elke aardse kluistering vry kan wees. En daarom hou die siel haarself daar op waar aan haar geleentheid gebied word tot beliggaming, en begryplikerwyse sal sy haarself daar ophou waar die karakter van die mense by haar toestand van rypheid aangepas is. Dus daar, waar die gelyke neiginge en eienskappe by die mense aangetref word, wat ook haar eie wese kenmerk; wat egter nie uitsluit dat `n siel wat anders geaard is, haarself by wesensvreemde mense voeg om beliggaam te word om die uitryping te bespoedig nie, maar dan het sy dikwels met groot probleme te kampe gedurende haar aardse lewe, omdat geen rekening met die aard van haar wese gehou sal word nie, en sy die eise wat aan haar gestel word, nie sal kan nakom nie.
En omdat die siel al vooraf kennis verkry het van haar aardse lewensweg, word sy nie verhinder om self haar keuse te maak nie. – Want vir haar staan by elke beliggaming die hulpmiddele ter beskikking om die laaste rypheid te bereik. Die siel het deur haar vroeëre beliggaming elke aanleg in verskillende sterkte in haarself, en kan dit nou in die aardse lewe na eie wil versterk of verminder. Sy is dus nie onbekwaam nie en die krag daartoe sal aan haar toebedeel word, netso na die mate van haar wil. Is sy egter lou in haar strewe, dan bly sy in die gelyke staat van rypheid as haar beliggaming as mens, en dan het die inkarnasie haar geen hoëre ontwikkeling gebring nie. Sy sal weliswaar by haar oorlye van haar liggaam loskom, maar sal tog gebonde wees aan die materiële wêreld deur haar begeertes en neiginge wat sy gedurende haar aardse lewe moes oorwin het.
Sy het derhalwe haar beliggaming op aarde nie goed benut nie, en dit het `n onbeskryflike en berouvolle toestand tot gevolg, wanneer sy insien dat sy die reg op die "kindskap van God" verspeel het en dit ook nie meer kan verkry nie; ofskoon sy in die Hiernamaals nog oneindig veel moontlikhede het om tot die aanskoue van God te kom. Maar elke beliggaamde siel moet haarself eens voor God verantwoord hoe sy die moontlikhede op aarde benut het, en welke geestelike resultate sy by haar heengaan kan aantoon. Want die beliggaming op aarde is `n barmhartigheid wat nie hoog genoeg geskat kan word nie. Dit is `n geskenk wat ook, hieraan beantwoordend, gewaardeer moet word, deurdat die mens alles moet doen wat vir sy opwaartse ontwikkeling dienstig is. Want hy kom nie meer na die aarde toe terug nie, wanneer hy dit eenmaal verlaat het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205