Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

HET DIE MENS HOMSELF ONTWIKKEL, OF WORD HY NUUT GESKAPE ?
B.D.8235 - 9 Augustus 1962
Daar kan geen teenspraak wees in die geestelike goed wat u deur My self ontvang nie, en wat My gees u laat toekom deur hulle wat in My diens staan nie. U het opdrag om die suiwer waarheid van My aan die medemens deur te gee, en My Woord uit te dra wat u opheldering moet gee. Want Ek wil die geestelike duisternis waarin die mense wandel verlig, veral, wanneer u self na opheldering verlang.
Die skeppingswerk van die aarde het eindelose tye nodig gehad om te word tot dit wat sy nou is, `n skeppingswerk wat vir die mensdom die laaste voltooiing moet bring. Gedurende hierdie eindelose lang tyd, het die, in die kleinste deeltjies opgeloste oergeeste, deur tallose skeppingswerke gegaan om hulself steeds hoër te ontwikkel, en die verstarde geestelike het langsaam tot lewe gekom, soos Ek dit al dikwels aan u geopenbaar het.
Hulle het die eindelose lang weg in die "jy moet toestand" afgelê, dit wil sê, alle skeppingswerke het die bestemming volbring wat Ek hulle toegewys het. Geeneen van die gekluisterde wesens kon oor homself beslis nie, hulle ontwikkel hulself langsaam verder en hulle word steeds in nuwe vorme geskape vir elke graad van rypheid vir die opwaarts strewende geestelike. Die minerale-, plante- en dierewêreld was oneindig veelvoudig in haar vorme, en alles was besield deur die partikeltjies van die gevalle oergeeste wat hulself steeds meer aaneengesluit het. Wat ten slotte tot kleiner en groter lewende wesens geword het wat hulleself by die verlaat van die vorme weer verenig, en uiteindelik in vorme ingelyf was wat reeds meer na die vorm van `n mens gelyk het.
Die hele lang weg van ontwikkeling staan onder My wet, dit wil sê, volgens die wet van die natuur speel alle gebeurtenisse homself in hierdie skepping af, wat deur My Wil ontstaan het. Die oergeeste het deur hulle val in die diepte hulle "ek-bewussyn" verloor. Maar eenmaal sal hulle die ek-bewussyn terug ontvang om hulself in die laaste vorm, as mens, te kan beliggaam om die weg van ontwikkeling te volbring.
Die laaste vorme in `n "jy moet toestand" was daarom steeds "mensliker", maar hulle het hulself nog nie in die stadium van die ek-bewussyn bevind nie. Hulle het instinktief volgens My Wil gehandel, ofskoon hulle reeds funksies kon uitoefen wat op die van mense gelyk het. Maar hulle was nog nie tot `n denke bekwaam nie, verstand en vrye wil het hulle ontbreek, en so was hulle nie van verantwoordelikheid bewus nie. Hulle was tot hulle handeling deur geestelike intelligensies gedrywe, soos alles wat `n vorm het onder die gesag van geestelike versorgers staan wat My Wil, volgens die wette van die natuur, op hierdie gekluisterde wesens oordra.
Hulle het die eindelose lang weg in die "jy moet toestand" afgelê - dit wil sê, alle skeppingswerke het die bestemming wat Ek hulle toegewys het, volbring. En die tyd het dan gekom waarin aan die ryp geworde geeste, die vrye wil teruggee kan word, waardeur hulle nou beproef kon word of hulle weer tot My wou terugkeer of by My teenstander wou bly. En vir hierdie oergeeste het Ek die vorm van die mens geskep.
My Wil het alle skeppingswerke en in die besonder die steeds groter gevormde lewende wesens laat ontstaan deurdat My gedagtes tot vorm geword het. Daarom was hierdie lewende wesens in die grootste verskeidenheid van vorme aanwesig, maar elke vorm was anders. Daar was die mees verskillende soorte van allerlei aard, wat geen ooreenkoms met mekaar het nie en hulself steeds voortplant maar steeds dieselfde skepsels bly.
Toe die vorm van mens nodig word vir die eerste oergeeste wat so ver tot rypheid gekom het, dat hulle `n liggaam nodig gehad het, het Ek weer `n skeppingswerk geskep, wat waarlik ook `n wonderwerk in My algehele skepping was. `n Wese, wat wonderbaarlik saamgestel was en volgens My Wil geskape was om sy opdrag op aarde te kan vervul; wat Ek geskape het, en homself nie uit die reeds aanwesige skeppings ontwikkel het nie.
Want hierdie vorm sou `n oergees berg, `n deur My eertydse voortgebringde wese wat My "ewebeeld" was en dit nou weer moes word. En daarom moes hy met verstand, vrye wil en ek-bewussyn toegerus word - en dit het homself nie langsaam uit die dierlike wesens ontwikkel nie, maar was aan die vorm van die mens toegevoeg, toe die oergees besit geneem het van die eerste vorm; en ook aan elke mens as behorend by sy siel, wanneer dit as "Goddelike asem" die mens by sy geboorte laat lewe.
Die mense plant hulself dan wel voort volgens My wet van die natuur, maar hulle sal steeds dieselfde skepsele bly soos die eerste werklike mens Adam was. Hulle sal nie in ander skepsels verander nie, want hierdie verandering sal steeds `n daad wees van die siel, wat My eens nog weerstrewend kan wees, maar gedurende die tyd as die mens tot hoogste voltooiing kan kom. Die menslike liggaam sal egter bly soos Ek dit geskape het, toe die siel van Adam dit in besit geneem het.
Weliswaar het die skep van die aarde met alles wat in, op en bo die aarde is en van alle dooie en lewende dinge `n eindelose lang tyd nodig gehad, maar vir die gevalle geestelike het daar as`t ware aan die periode van opwaartse ontwikkeling `n einde gekom, toe alle deeltjies van `n oergees homself weer versamel het en die laaste proses van terugkeer tot My begin het.
Want hierdie weg oor die aarde as mens vereis ook van My `n nuwe skeppingswerk, `n vorm, wat aan alle eise voldoen om die laaste proef in vrye wil te kan deurstaan. Die mens kan homself dus as `n besondere skeppingswerk van My beskou, want hy is die enigste wese op aarde wat begaafd is met onderskeidingsvermoë en `n vrye wil as teken van sy Goddelike afkoms. En daardeur is hy ook in staat om `n God en Skepper bokant homself te erken wat hom die lewe gee. Juis daarom kan hy ook die laaste voleinding op hierdie aarde bereik, as sy vrye wil dit ernstig nastreef.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205